Padtoets: 2019 Mahindra XUV 500 2.2 CRDe W10

Minder uit die beursie, meer waarde.

Die SUV (Sportsnut voertuig) mark is nie onbekend aan Suider Afrika nie. Nie net is die een van die mees populêre segmente nie, maar verkies amper elke vervaardiger om deesdae ‘n gedeelte van hierdie koek te neem. Om ‘n voertuig te ontwikkel, wat bekostigbaar is en goeie kwaliteit behou, is dus uiter kompiterend. Mahindra mag dalk net met die oplossing vorendag gekom het.


Die nuwe Mahindra XUV 500 2.2 CRDe W10 outomaties is nie net ‘n sewe sitplek (drie ry) SUV nie, maar bied ook veel meer kwaliteit standaarde as die uitgaande reeks. Hoewel die 103kW en 330Nm 2.2 liter (vier sylinder turbodiesel) enjin ook nie uitmuntende versnelling bied nie, kan die langpad met gemak aangedurf word.

Hoewel die retoere teen 2000 opm (120km/h) hardloop, het die groot XUV wel baie windgeraas en sal die brandstof ekonomie ook meer as die 7.4 liter per 100km gebruik, wat Mahindra vasgestel het. Die algehele diesel verbruik strek nader aan die 8.3l/100km merk.

In die stad is die enjin egter lui en kan die ses-spoed outomatiese ratkas met mening hanteer word om die trurat te aktiveer. Verder moet di took besef word dat die XUV 500 ‘n groot voertuig is en nie die mees ratse voertuig in die beknopte binnestad sal wees nie.

Genoeg van die negatiewe. Dit staan as ‘n feit dat die XUV500 in vele opsigte verber is en nou meer van ‘n bestuurders voertuig is. Verder, is die XUV500 ook goed genoeg geprys (sonder ekstra’s) om met die veel (fisies) kleiner SUV mark mee te ding. Teen R419 999 is ons geweldig verras.

As standaar, kom die XUV500 toegerus met leer sitplekke, ‘n sewe-duim streel paneel, trurat kamera, USB en bloutand konnektiwiteit, spoed beheer, outomatiese reën sensors, sleutellose funksionaliteit, ‘n elektroniese sondak, sowel as laai funksies vir fone in beide die eerste en tweede ry.

In terme van veiligheid word die Mahindra XUV500 toegerus met ses lugsakke, band-druk sensors, ABS (met EBD), en elektroniese bult stillstand hulp.

Waarom sal die Mahindra XUV500 jou keuse wees?

Mahindra is vining besig om ‘n sterk naam in Suide-Afrika te vestig, met die Indiese maatskappy, wat al hoe meer waarde teen ‘n lae prys bied.

Hoewel die XUV500 nie uitstekend in die stad is nie, is dit ‘n plesier om te bestuur op die oop pad. Windgeraas mag dalk ietwat veel wees, maar die XUV500 is stabiel en gevestig op die lang pad.

Die XUV500 bied ook geweldig baie standaar funksies teen ‘n baie lae prys en kan sewe volwassenes met gemak vervoer. Die XUV500 mag dalk korter as die kompetisie wees, maar benut die binneruim veel beter. Spasie in die kattebak is egter beperk met al sewe sitplekke opgeslaan.

Ons verwagtinge is oortref met die nuwe XUV500 en Mahindra het ‘n goeie werk gedoen om ‘n veel meer bekostigbare voertuig aan die groter SUV mark bekend te stel.

Die nuwe Mahindra XUV500 word met ‘n vyf-jaar / 150 000km waarborgen ‘n vyf-jaar / 100 000 diensplan verkoop.

Leave a Comment