Toyota se ikoniese familie voertuig nou hibried
Die ikoniese Toyota Corolla is en was nog altyd ‘n staatmaker. Met die huidige sedan mark, wat ‘n ernstige knou kry vanaf die groeiende SUV mark, is die Corolla omtrent die enigste bekostigbare familie sedan op die mark. Met ‘n uitmuntende reputasie sedert die 1960’s het Toyota pas die Corolla nog meer aanloklik gemaak.
Sedert 1996 het die Japanese vervaardiger al hibriede sisteme in die toé Rav4 getoets en in 1997 is daardie selfde tegnologie oorgeplaas na een van die wêreld se eerste massa produksie familie voertuie, naamlik die Prius. Hoewel almal op daardie stadium lagwekkend na die model gekyk het, is dit vandag ‘n bewys dat Toyota vêr voor die massas was.
Vandag, met ‘n aanleg in Durban, het Toyota amptelik die eerste vervaardiger geword om plaaslike hibriede voertuie te vervaardig.
Diegene, wat nou gaan mompel dat Toyota se betroubaarheid daarmee heen is, gaan kyk gerus na die sukses van die Prius modelle.
Die einste tegnologie word nou in die Corolla, Corolla Cross en Rav 4 geplaas. Reeds in een van ons ander artikels aangedui (kliek hier), stel dit Toyota instaat om nie net hul hibriede tegnologie goedkoper te maak nie, maar ook om hul hibriede voertuie teen dieselfde prys en selfs goedkoper as baie van die normale petrol- en diesel kompiteerders te verkoop.
Ons almal weet reeds dat die aankoop van skoner, hernubare tegnologie aanvanklik duur is. Hierdie is groot en deels waarom hibriede tegnologie in Suider Afrika tot op hede nog nie ‘n groot markaandeel geneem het nie. Voor die koms van Toyota se plaaslik vervaardigde hibriede voertuie, het die prys van klein hibriede luikrugte rondom die R500 000 punt gedraai.
Die goeie nuus is dat die Corolla self die tweede goedkoopste hibriede voertuig op die mark is, met net die Corolla Cross, wat die eerste plek neem teen R6 000 minder. Teen R419 900 is die Corolla Hybrid Xs reeds aansienlik goedkoper as die kleiner hibriede luikrug modelle tans op die mark.
Die Xs het natuurlik minder luukshede as die top-klas Xr 2.0 CVT, wat teen R468 700 verkoop word. Ons eerlike mening is dat die Xs hibried veel meer sin maak. Teen R48 800 goedkoper as die Xr CVT en net R10 300 meer as die normale 1.8 Xs CVT, maak die hibriede model veel meer sin. Neem ook in ag dat die hibriede model ‘n brandstof verbruik van 4.9l / 100km lewer, waar die normale enjins ‘n verbruik van 7.5l / 100km lewer.
Na net meer as 100km in stedelike verkeer, het ons Xs hibriede toetsmodel nog ‘n totale tenk afstand van 700km aangewys. Vir ‘n 43 liter brandstof tenk is hierdie merkwaardig.
Vergelyking: 2.0 Corolla Xr CVT en die 1.8 Corolla Xs CVT
Soos reeds genoem is die top Xr model veel duurder as die hibriede weergawe, en hou dit ook ‘n paar ander luukshede in.
Die Xr se 2.0 liter, vier silinder enjin verskaf 125kW en 200Nm, terwyl die CVT self ‘n seepglad 10-spoed outomatiese ratkas is.
Die hibriede 1.8 Xs model bevat natuurlik dieselfde CVT ratkas. In terme van krag, verskaf die Xs model ‘n algehele syfer van 120kW (53kW vanaf die elektriese motors) en 300Nm.
Standaard, word die Xs hibriede model ook met LED hoof- en agterligte, dagligte, sleutellose toegang, verhitte en elektriese sy spieëltjies, spoed beheer, klimaat beheer, ‘n trurat kamera, vier elektriese vensters, ‘n informasie raakskerm (met USB en Apple Car Play / Android Auto), Bluetooth en 15-duim allooi wiele in.
Die Xr model word standaard verkoop met verstelbare spoedbeheer, blindekol waarskuwings, baan verwisselings bystand, ‘n 7-duim raakskerm, in-kar wifi en leer sitplekke.
Die Xs hibriede model word met ‘n 90 000km diensplan, ‘n 3-jaar / 100 000km waarborg en ‘n 8-jaar 195 000km hibriede waarborg verkoop.