Geskiedenis: Peugeot

Van Kaapstad tot Parys – en nou Dakar!

Dit was die legendariese Peugeot 203 wat in die vyftigerjare aan hierdie vervaardiger ‘n reputasie as ‘n kanniedood en geharde voertuig vir Afrika-omstandighede gevestig het. Hierdie reputasie was hoofsaaklik te danke aan twee Franse, monsieurs Mercier en Se Cortanze, wat in 1951 met ‘n 203 stasiewa ‘n nuwe rekord geslaan het deur die afstand van Kaapstad na Parys in 17 dae en 9 uur af te lê.

Read more

Padtoets: Peugeot 208

Peugeot se nuwe plesierige nommertjie

Peugeot is nie ‘n vervaardiger wat elke jaar met ‘n nuwe model te voorskyn kom nie, al verander hulle die vookoms van hulle leeu-embleem elke paar jaar. As die nuwe model dus wel sy verskyning maak, is dit die moeite werd om ernstig notisie te neem van die geleentheid.

Read more