Geskiedenis: Peugeot

Van Kaapstad tot Parys – en nou Dakar!

Dit was die legendariese Peugeot 203 wat in die vyftigerjare aan hierdie vervaardiger ‘n reputasie as ‘n kanniedood en geharde voertuig vir Afrika-omstandighede gevestig het. Hierdie reputasie was hoofsaaklik te danke aan twee Franse, monsieurs Mercier en Se Cortanze, wat in 1951 met ‘n 203 stasiewa ‘n nuwe rekord geslaan het deur die afstand van Kaapstad na Parys in 17 dae en 9 uur af te lê.

Read more

Padtoets: Peugeot 4008

Met Peugeot se 4008 op die langpad

Daar is met groot verwagting uitgesien na die dag wat Peugeot die mark vir nutsvoertuie in Suid-Afrika sou betree en met die bekendstelling van die 4008 vroeër vanjaar is daar aan hierdie verwagting voldoen.  En laat mens dan ook maar dadelik byvoeg dat Peugeot met die 4008 weereens meer as voldoen aan die hoë standaarde van betroubaarheid en rygenot waaraan Peugeot aanhangers sedert die dae van die 404 en 504 so gewoond geraak het.

Read more

Peugeot wins again!

This was the caption of an advertisement in the British magazine, The Motor, in May 1962; fifty years ago.

The reason for this jubilation was that Peugeot – again – won the East African Safari. And they did have reason to be over the moon since they finished 1st, 2nd, 3rd and 4th in the 1600-2000 cc class in one of the most gruelling endurance rallies at the time. The winning 404 was driven by local driver, the Kenyan Nick Nowicki with Paddy Cliff as his co-driver.

Read more

Geskiedenis: Peugeot 404

Peugeot 404: ‘n Staatmaker word Vyftig

Peugeot van Suid-Afrika het vergeet om ons te nooi na die bekendstelling van hulle jongste model in Suid-Afrika. Maar dis nie die ergste nie; sover het ek nog nie van hulle gehoor dat hulle vir die kanniedood Peugeot 404 vanjaar ‘n 50-jarige partytjie gaan geen nie. Hierdie model, wat in 1960 bekendgestel is, het in Suid-Afrika (en Oos-Afrika) baie diep spore getrap.

Read more