Flinke Franse Verleiding!
Franse motors was nog al die jare anders as die res. Vra maar vir enige eienaar van die klassieke Citroëns, Peugeots en Renaults uit die jare Vyftig, Sestig of selfs so laat as die Sewentigs. En nie al die kommentare gaan net positief wees nie; sommige elementêre onderhoudstake kon nie sonder spesiale gereedskap en kundigheid gedoen word nie!
Maar dit was tóé en ons leef in die nóú.