Audi se nuwe groot baas?
Sedert 2006 het Audi die tree geneem na die SUV mark met hul Q7 model. Met die groei van die mark na kleiner en meer stedelike-vriendelike SUV’s het die Duitse vervaardiger die Q5 en Q3 bekend gestel. Aanvraag het gegroei en Audi het dus in 2017 die kleinste Q uitgebring, naamlik die Q2. Met bykans 14 jaar se ervaring (meer sodra Volkswagen se produksie van die Touareg ingebring word) het Audi besluit om nog die grootste Q-voertuig tot op hede uit te bring.
Hoe vergelyk dit met Audi se Q7 en is dit die moeite werd om dalk die sente te begin omdraai vir Audi se nuwe voertuig?
Beslis een van die mooiste SUV’s tans op die mark (indien nie die mooiste), staan die Q8 met ‘n lengte van net onder 5 meter, ‘n wielbasis van 3 meter en ‘n breedte van 2.1 meter. Die Q7 is miskien langer (met 6cm), maar die Q8 wen los hande in terme van breedte (met 22 cm).
Nes die vervaardigings-groep, waaraan Audi behoort, se weergawe, is die Q8 dalk nie die perfekte voertuig vir die knap draaie en verkeer van Seepunt of Kampsbaai nie. Nee, die Q8 is meer in sy natuurlike habitat sodra dit op die oop pad losgelaat word. Meer as net die Q8 se grootte dui hierop.
Verbasend genoeg verloor die Q8 teen die Q7 wanneer dit by laai kapasiteit kom. Met die agterste sitplekke platgeslaan, bevat die Q8, 320 liter minder bagasie volumes as die Q7 en met al die sitplekke opgeslaan, 185 liter minder.
Waarom dan, vir amper R300 000 meer, sal iemand die Q8 bo die Q7 oorweeg? Wel, daar is beslis meer as net die rede dat dit ‘n “SUV-Coupe” is.
Indien die geld beskikbaar is en jy brand om elke naweek en vakansie die langer oopgerekte paaie van Suider-Afrika (grond of teer) aan te pak, is die Q8 beslis die beter opsie. Indien winkelsentrums en die kuspaaie van Kaap Punt en Rooiels jou voorkeur is, sal ons eerder die kleiner Q-weergawes aanbeveel.
Die 55TFSI (3 liter) turbo-aangedrewe petrol V6 enjin skop kragtige 250kW en 500Nm uit; en is skaars hoorbaar. Hierdie bring die voertuig van stillstand tot 100km/h in ‘n skrale 6 sekondes en kan maklik deur die 8-spoed outomatiese ratkas dans om enige voertuig op die oop pad verby te steek.
Waar dit ‘n voordeel op die oop pad is, is daar ‘n negatiewe aan gebonde in die stad. Veral in die “Eco” en “Comfort” verstellings, is die brandstof- en rem pedale baie onvoorspelbaar; die Auto Stop-Start funksie help nie veel hiermee nie. Skakel oor na “Dynamic” en die enjin word meer lewendiger, maar ook nie gepas vir die stad nie.
Natuurlik met Audi se ikoniese Quattro platform is die Q8 perfek vir enige grondpad, met die suspensie, wat uiters sag is. Naglig is ook geen probleem nie, danksy aktiewe hoofligte, wat die hemelruim verlig sonder om enige aankomende verkeer te verblind. Na ons mening mag die Q8 sy ware kleure uitstraal op die oop Namibiese grondpaaie. (Ekstra jerry kanne is ook nie nodig nie, te danke aan ‘n 85 liter petrol tenk, wat die Q8 oor ‘n afstand van 930 km kan neem).
Waar die Q8 egter nog meer uitstaan teenoor die ander Q-nommers, is tegnologie. Natuurlik was ons toets eenheid met R280 000 se opsionele ekstra’s toegerus, maar kom die Q8 ook standaard uit met vele nuttige nuwe tegnologie.
Natuurlik is funksies soos EBD, rem-bystand, ABS, stabiliteits-beheer, 6 lugsakke, traksie-beheer, otomatiese reën-veers, USB poorte, dubbele klimaat-beheer (voor en agter), parkeer-sensors, ‘n panorama-sondak, navigasie, Bloutand, Xenon hoofligte en spoed-beheer, standaard.
Laat ons egter gou die opsionele ekstra’s noem om ‘n idee te gee hoe die luuksheid in hierdie voertuig tot op nog ‘n volgende vlak geneem kan word:
- Vier wiel stuur: R19,127
- Sport stuurwiel met multi funksionele verrigting en rat verwisselings pedale: R1,947
- Kant lugsakke in die agterste ry: R6,000
- Baan verwisselings waarksuwings: R5,220
- Banddruk monitor: R4,470
- Aktiewe spoed beheer: R19,500
- Nag visie bystand: R34,870
- Selfoon laai platform: R6,204
- Deur ligte (projeksie): R3,570
- Voorruit digitale spoed aanwysings: R23,080
- Volcano leer sitplekke: R0
- S Line sport pakket: R43,680
- S Line Black pakket: R83,500
Nog ‘n plek waar die Q8 uitstaan is met die nuwe MMI streel-paneel. Eintlik is die woord “streel” nie hier van toepassing nie. Nes jou nuwe Iphone, moet die skerm gedruk word, en voel dit soos ‘n sagte knoppie wat gedruk word.
Natuurlik het hierdie informasie-sisteem met die 12.3 duim “druk” paneel ook die funksie om ‘n Wi-fi hotspot te genereer vir elk van die persone binne. Apple CarPlay is kinder-speeletjies vir die nuwe Q8 en die druk-paneel het uitmuntende grafiese kwaliteit met ‘n hoë resolusie voor- en agter-buffer kamera.
Met 20-duim wiele as standaard, is dit bykans nie nodig om vir die lae-profiel 22-duim (S line Platinum pakket) te gaan nie.
Teen R1,388,000 (5-jaar / 100,000km diensplan) is die Q8 55 TFSI dalk effe straf, maar wanneer dit teenoor die kompetisie oorweeg word, lyk die prys dalk meer normaal. Natuurlik het Audi en die Volkswagen groep al jare, eintlik dekades, se ondervinding met hierdie segment.
Die Q8 is wel nie gepas vir die daaglikse gebruik van die noue en beknopte stad nie, maar ons is baie geintereseerd om hierdie voertuig op die oop Namibiese vlaktes deur die passe te plaas.