‘n (Bengaalse) tier in die tenk!
Die vakansie-langpad bly maar die beste manier om ‘n motor te toets, veral as alle moontlike soorte paaie gery word en die motor ‘n ordentlike vrag dra. Die afgelope wintervakansie was weereens ‘n bewys daarvan dat hierdie toetsomstandighede die goeie en swak punte van ‘n motor die beste te voorskyn bring eerder as die werk-toe-en-terug soort van ervarings waaroor joernaliste soms verplig is om oor te skryf omdat daar te véél motors in ‘n kort tyd getoets moet word.