Vir ‘n Baldadige rit
Daar kon beswaarlik onlangs op ‘n beter roete vir ‘n toetsrit met die nuwe Honda Ballade besluit word as die R62 wat mens deur die Klein Karoo vat. Die hoofpad is soos gewoonlik in ‘n goeie toestand en so ook van die grondpaaie waar die Ballade werklik uitstekend op ‘n onlangse toetsrit presteer en hanteer het.