Bekendstelling: Renault Clio 4

Vars uit ‘n Franse Bakoond!

Met sy aanwysing as die een van die top drie mooiste motors op die Paryse Motorskou in 2012, en een van die finaliste vir die prys vir die beste ontwerpte motor vir die jaar vir 2013, is dit geen wonder dat Renault se bemarkingspan oortuig is dat sy nuwe Clio 4 ook ‘n wenner in Suid-Afrika en Namibië gaan wees nie.  Dit was die boodskap met die onlangse bekendstelling van die nuwe Clio 4 aan die pers.

Read more

Padtoets: Renault Clio lll 1,6 Yahoo!

Google gerus hierdie een!

Renault kom al ‘n lang pad in Suid-Afrika, langer as die meeste Europese fabrikante in die land. Maar ongelukkig was dit ‘n kwessie van kom en gaan en dan weer kom – hopelik om te bly. Met so ‘n wye reeks van modelle op die plaaslike mark, waarvan sommige baie gewild is op ‘n waarde per Rand grondslag en boonop plaaslik gebou word, is die kanse baie goed dat Renault nog lank met ons sal wees.

Read more

Geskiedenis: Renault Clio

Familiemotor en ook vierwiel Mirage

Dit is nou 20 jaar wat die Renault Clio in ons midde is en nog steeds die koppe laat draai. Die opvolger van die befaamde Renault 5, wat in die sewentigs en tagtigs by uitstek die motor van dames met styl was, en ook vurige jong mans wat met die TS modelle die pad aan die brand gery het, het ‘n hele paar jaar later by ons sy opwagting gemaak; dit nadat hy in Frankryk reeds diep spore getrap het.

Read more