Bekendstelling: Nissan Juke

Kleinboet van die Qashqai

As daar nou ‘n nuwe motor is waarvan die voorkoms gemengde reaksie uitgelok het van motorkenners tot die publiek is dit die nuwe model van Nissan, die Juke. Dit kan as die kleinboet van die Murano en die gewilde Qashqai  beskou word en Nissan bemark die Juke as ‘n alternatief in die B- en C-segmente van die luikrug motor mark.

Read more

Bekendstelling: Volkswagen Amarok Enkelkajuit

‘n Wolf in Skaapsklere

Baie jare gelede was ‘n goeie vriend van my skakelbeampte by Volkswagen in Duitsland en het my met groot entoesiasme vertel van hulle 4×4 voertuig wat ‘n jaar of vier later bekendgestel sou word. Dit het toe geblyk die Touareg te wees en het ek die besonderse voorreg gehad om die eerste Suid-Afrikaner te wees om die Touareg op Volkswagen se veldterrein te bestuur. Daarna het die Touareg hier aangekom en vir hom ‘n nismark uitgeslaan.

Read more