Bekendstelling: Toyota Etios Sprint

Bekostigbare vervoer en ‘n naam wat mens kan vertrou.

Die Etios was nog altyd ‘n baie belangrike model in die stal van Toyota Suid Afrika en dié model is redelik gewild in ‘n baie kompiterende segment. Dit bied bekostigbare vervoer in ‘n tyd wat motors baie duur geword het. Toyota se Etios word in Indië vervaardig vir die Indiese mark, asook vir Suidelike Afrika, Brasilië en Indonesië.

Read more

Padtoets: Chevrolet Cruze 1.4 T Luikrug

General Motors se vars aanslag

General Motors het op ‘n vroeë stadium al Chevrolet/Opel luikrugmodelle op ons mark aangebied. Vriend Frans, die veelsydige arts en motorkenner wat moeilik ‘n winskoop kan laat verbygaan, het onlangs ‘n Opel luikrug uit die tagtigerjare gekoop – om later natuurlik weer te verkoop.

Read more

Bekendstelling: Hyundai Accent Luikrug

Paslaken tussen die i20’s en i30’s

‘n Ander opskrif vir die artikel miskien ‘n Noord-Kaapse sêding gewees het;  “tussen die tjoep en die taaier.” Daar is net-net plek vir die paslaken tussen die twee bestaande modelle en dit is meer ‘n saak van die verskil in pryse as in grootte wat die nuwe aankomeling so welkom maak op ons mark.

Read more

Bekendstelling: Nissan Juke

Kleinboet van die Qashqai

As daar nou ‘n nuwe motor is waarvan die voorkoms gemengde reaksie uitgelok het van motorkenners tot die publiek is dit die nuwe model van Nissan, die Juke. Dit kan as die kleinboet van die Murano en die gewilde Qashqai  beskou word en Nissan bemark die Juke as ‘n alternatief in die B- en C-segmente van die luikrug motor mark.

Read more

Bekendstelling: Suzuki Kizashi

Nuwe vlagskip van Suzuki

Suzuki is in Suid-Afrika bekend vir hulle klein 4×4 voertuie, die Jimny en Vitara asook klein luikrug modelle, die Alto en Swift en dan hulle natuurlik ‘n lang geskiedenis as vervaardigers van  motorfietse.

Read more