Padtoets: Ford Tourneo 2.2TDCi LWB

Sederberg Beproef!

Normaalweg durf ons altyd die Sederberge met ‘n 4X4 voertuig aan om ons geliefde ent pad tussen Matjiesrivier en Wupperthal te kan ry. Hierdie keer was dit anders want die geskeduleerde toetsvoertuig was ‘n nuwe Ford Tourneo bussie met sitplek vir agt, en belangriker nog, pakplek vir bagasie vir agt mense. Ondanks die vier vrouens se bagasie was daar nog steeds ekstra pakplek!

Read more