Toyota Hilux 3.0D-4D 4×4 Raider – Outomaties
Dit voel soos nou-die-dag wat ek as student van die Strand af na Stellenbosch toe geryloop het en my eerste saamrygeleentheid in ‘n splinternuweToyota Stout bakkie gekry het. Wat vir my interessant was omdat die eerste volgrootte Japannese bakkie was waarin ek gery het. Wat opgeval het was die lae ratverhouding van die bakke wat nie baie vinnig kon loop nie maar wat soos ‘n stoomlokomotief teen Louw-se-Bos uit getrek het.