Bekendstelling: Ford Fiesta [2010]

Fiesta kry ‘n kattebak en ‘n outomaties ratkas by

Ford Suid-Afrika het die modelreeks van die gewilde Fiesta uitgebrei om meer aan die behoeftes van die Suid-Afrikaanse koperspubliek te voldoen. Omdat Ford ook fasiliteite in Thailand het, word die meeste van die  nuwe modelle, insluitende ‘n nuwe vier-deur sedan daar gebou.

Read more

Geskiedenis: Borgward Isabella

Begin van ‘n legende

NIE te lank gelede nie het Fred Schnetler oor die Borgward Isabella, wat 50 jaar gelede die eerste keer in Bremen van die produksielyn gerol het, geskryf. Daar kan egter nog ‘n paar feite oor die maatskappy se geskiedenis en betrokkenheid in Suid-Afrika vermeld word.

Read more

Bekendstelling: Chevrolet Cruze

‘n Nuwe Chev reeks op die mark

Die Amerikaanse “Generaal” het die aanslag oorleef en veg terug met ‘n nuwe kruiser, askies, Cruzer. General Motors is lewend, en in die Ooste, springlewendig. Die jongste reeks uit GM van Suid-Afrika se stal is die nuwe splinternuwe Cruze wat hierdie week bekend gestel is.

Read more

Geskiedenis: Mini

MINI se (amper) 50 jaar in Suid-Afrika en eie ervarings

BMW het so pas ‘n persvrystelling uitgereik oor die vyftigjarige herdenking van die bekendstelling van die (Morris) Mini en Austin 7 aan die wêreldpers in Augustus 1959 in Brittanje. Hierdie klein minimotor met sy mini-afmetings buite maar met ‘n ruim binnekant, het die wêreld soos ‘n storm getref en die destydse vervaardiger, BMC, of te wel British Motor Company, kon nie voorbly met die produksie van die klein kalant nie.

Read more

Opel Geskiedenis

Van Rusland, met Roebels…

In die warm jare van die Koue Oorlog het Agent 007 bewys dat daar ook goeie (of mooi) dinge uit Rusland gekom het. James Bond en From Russia with Love sal nog lank op DVD gekyk word deur ‘n nuwe geslag wat van die Koue Oorlog geen snars weet nie; of van die gebeure wat daartoe aanleiding gegee het nie.

Read more