Inflasie, stygende brandstof- en kos pryse, sowel as die drastiese verhoging in voertuig pryse, maak dinge deesdae ietwat moeilik vir die groeiende middelklas. Voor Covid-19 was dit amper ongehoord van om ’n bakkie vir R1 miljoen aan te koop. Vandag is hierdie premie prys amper die norm vir vlagskip “stedelike” bakkies.
Franco Theron
Isuzu D-Max AT35 vs. Ford Ranger Platinum!
R50 239; dit is die verskil tussen Ford se bekroonde Ranger Platinum (R1 120 100), terwyl die Isuzu D-Max AT35 (Arktiese Trok) verkoop vir R1 170 339. Beide is bakkies, maar is gebou vir verskillende gebruike…
Launch Report: 2024 Suzuki Swift
From strength to strength: Even more so after 20 years
It’s November 2004 and the all-new Suzuki Swift concept has just been launched at the Paris Motor Show. Fast forward exactly 20 years and the iconic Swift is one of Suzuki’s top sellers, and now in its fourth generation. We recently got to experience this new generation by taking it through the bustling City of Cape Town as well as the picturesque Overberg and Cape Winelands.
Padtoets: 2024 Toyota Land Cruiser 76 2.8 Outomaties
Miljoene kilometers, maar teen ’n prêmie
Toyota se Land Cruiser en Hilux reekse het oor die dekades ’n geweldige positiewe reputasie opgebou. Hierdie twee embleme is sinoniem met betroubaarheid en maklike onderhoud; perfek vir die paaie op van Kaap tot Kaïro, of die afgeleê plase in die binneland van Suider Afrika, en om miljoene kilometers af te lê. Nou het Toyota egter ’n prys hieraan geheg.
Isuzu D-Max 1.9TD D/C LS Outomaties 4×2: die perfekte bakkie?
By Galimoto Media en NamWheels is ons bevoorreg om al amper alle Isuzu’s op die mark te kon toets. Hoewel die vervaardiger sterk mededinging van Toyota, Ford , Mahindra, en nou ook al die Chinese inkomers kry, bly dit steeds ’n Suider-Afrikaanse gunsteling. Bloot as gevolg van Isuzu se “kan-nie-dood” reputasie.
Padtoets: 2024 Volkswagen Taigo R-Line
Die R-Line geveg: Volkswagen se Taigo en T-Cross modelle bring ‘n kopkrapper.
Two key Suzuki events scheduled
2025 will be another big year for Suzuki as the Japanese automaker will be part of the 15th annual Simola Hillclimb, as well as the second #JimnyGathering.
Padtoets: 2024 Renault Megane R.S. 300 Trophy
‘n 1.8L, 4-silinder enjin, wat 221kW en 420Nm uitskop. Dit is Renault se antwoord op die ander 2L warm luikrugte in die mark. Die Renault Megane R.S Trophy is sowaar ’n sterk mededinger tot die populêre Golf R, Honda Civic Type R (beide 235kW en 400Nm), Hyundai i30N (206kW/ 392Nm), sowel as die (1.6 Turbo-aangejaagde) Toyota Yaris GR (198kW/360Nm). Die vraag is egter of dit steeds ’n plaaslike plek het, of ook verdoem is om pad te gee vir die SUV ‘stortvloed’.
Padtoets: 2024 Jaguar i-Pace EV 400
Jaguar se I-pace is die perfekte voertuig in ‘n land waar EVs aangemoedig word. Hierdie is egter Suid Afrika…
Die EV revolusie
’n Bewys dat elektriese voertuie meer koste effektief word.
Wêreldwyd is daar ’n geweldige menings polarisasie as dit by elektriese voertuie kom, en in Suid Afrika is dit nie veel anders. Hoewel die elektriese revolusie redelik traag in ontwikkelende lande is, het ons al ’n vêr pad gestap sedert die eerste elektriese voertuig (EV) in die suidelike halfrond aangeland het.