Nissan Qashqai nou opgekikker!
Soos die geval met Volkswagen se Touareg het Nissan ook sy Qashqai na ‘n nomadiese stam vernoem met die verskil dat eersgenoemde na ‘n Saharagroep verwys terwyl Nissan se Qashqai (uitgespreek “Kashkai”) na ‘n nomadiese stam in die suidweste van Iran verwys.