Padtoets: Toyota Avanza 1.5 SX

Toyota Avanza 1.5 SX pas almal se sak en behoeftes

Op die voorblad van die glansbrosjure waarin Toyota die nuwe Avanza-reeks bekendstel is daar, behalwe die Avanza foto’s, ook afbeeldings van ‘n ry skoene van verskillende groottes wat ‘n familie voorstel. Daarmee word die boodskap oorgedra dat die Avanza beantwoord aan al die behoeftes en doeleindes van almal in enige familie.  Die boodskap van die nutswaarde van die huidige generasie Avanza’s kan beswaarlik beter oorgedra word as die manier waarop hierdie illustrasie dit doen.

Read more

Bekendstelling: Honda Civic 1.8 i-VTEC

‘n Nuwe toekomsblik

Sedert Honda se bekendstelling in 1972 het die naam “Honda”  sinoniem geword met onverbeterlike rygenot, kwaliteit afwerking, meganiese betroubaarheid en uitstekende brandstofverbruik  (of dan altans wat Honda voertuie aan betref.)  Ekonomiese brandstofverbruik  is met opset uit bogenoemde lys van byvoeglike naamwoorde gebruik omdat dit spesiale vermelding verder aan verdien.

Read more

Padtoets: Mini Cooper S Countryman

Mini Cooper S Countryman onder die soeklig

Met die ontwerp en die bou van die eerste Mini op 26 Augustus 1959 was die gedagte dat dit ‘n bekostigbare motor met genoeg ruimte vir vier passasiers moes wees maar dat dit ook ‘n relatief veilige motor moes wees.  Die eertydse modelle met 850cc aandrywing was wat mens van die Mini in sy suiwerste vorm sou verwag – ‘n eenvoudige ontwerp maar tog funksioneel en met ratse hantering.

Read more

Padtoets: 2011 Chevrolet Captiva 2.4 LT

Nog verder verfyn

Dit is ‘n gegewe feit dat Namibiers (en Suid-Afrikaners) oor die algemeen nou maar eenmaal gebore agternalopers is, maar darem in die figuurlike sin van die woord.  Dit kan gesien word oor die breë spektrum van haas elke aspek van hulle algemene lewenspatroon hetsy sy voorkeur kos, kuns, kleredrag, sport en, dan natuurlik, sy rygoed. 

Read more

Bekendstelling: Toyota Hilux reeks [2011]

Toyota brei sy Hilux reeks uit

Sedert die eerste verskyning van Toyota se Hilux bakkies in Suid-Afrika in 1969 het hierdie handelsnaam byna ikoniese status bereik; ook in Namibië.  Weg was die groot en swaar Amerikaanse 6- en 8-silinder dorstige bakkies en het hierdie 1.5 liter met die kort wielbasis die meer ekonomiese alternatief in veral die landboubedryf geword.

Read more

Padtoets: Honda Ballade

Vir ‘n Baldadige rit

Daar kon beswaarlik onlangs op ‘n beter  roete vir ‘n toetsrit met die nuwe Honda Ballade besluit word as die R62 wat mens deur die Klein Karoo vat.  Die hoofpad is soos gewoonlik in ‘n goeie toestand  en so ook van die grondpaaie waar die Ballade werklik uitstekend op ‘n onlangse toetsrit presteer en hanteer het.

Read more

Bekendstelling: Toyota Hilux Xtra Cab

‘n Nuwe speelmaat in die buurt

Toyota se Hilux bakkies is as ware ‘n huishoudelike naam in die plaaslike motorbedryf en sal heel moontlik in veral die plattelandse gebiede beskou word as Suid-Afrika se nasionale voertuig. Deur die jare heen het die Hilux bakkies van Toyota amper ikoon status bereik wat veral geskoei was op die byna legendariese betroubaarheid van hierdie werkesels.

Read more