Toyota se nuwe familiemotor
Toyota sal sekerlik die vergelyking verskoon as mens sou sê dat die eerste kennismaking met die veeldoelige Innova (MPV) jou laat dink aan die seuntjie wat op sy eerste dag skool toe gaan in ‘n broek, baadjie en skoene wat ooglopend te groot vir hom is.