Bekendstelling: Nuwe Toyota Hilux

Die taai stryd wat kom…

U onthou nog die wysie en die woorde van die advertensie: “Alles loop reg, altyd reg, Toyota? Hierdie liedjie het die hele reeks voertuie uit die Toyota-stal ingesluit maar dit was veral die Hilux bakkies wat sedert 1969 by ons op die mark verskyn het wat werklik betekenis aan die advertensieliedjie gegee het. Hilux bakkies was vir dekades lank die onbetwiste kampioen in sy klas, tot onlangs…

Read more

Bekendstelling: Toyota Auris [2013]

Toyota wys sy nuwe Auris

Ontmoet mens die huidige dinamiese en charismatiese hoofuitvoerende beampte van die Toyota maatskappy, Akio Toyoda, is dit byna vanselfsprekend dat die familienaam êrens ‘n aansluiting moet hê met die produk self.  En dit is dan ook inderdaad so.

Read more

Bekendstelling: Toyota Hilux reeks [2011]

Toyota brei sy Hilux reeks uit

Sedert die eerste verskyning van Toyota se Hilux bakkies in Suid-Afrika in 1969 het hierdie handelsnaam byna ikoniese status bereik; ook in Namibië.  Weg was die groot en swaar Amerikaanse 6- en 8-silinder dorstige bakkies en het hierdie 1.5 liter met die kort wielbasis die meer ekonomiese alternatief in veral die landboubedryf geword.

Read more

Bekendstelling: 2011 Toyota Hilux

Die Nuwe Gesig van ‘n Wenner

In Suid-Afrika en Namibië is die mark vir een ton bakkies  ‘n baie belangrike en hoogs kompeterende mark. Toyota se Hilux , waarvan die bakvorm nou al van 2005 kom,  is nou al reeds ‘n hele aantal jare die top verkoper in hierdie mark…

Read more

Padtoets: 2010 Toyota Prado TX

Afrika Kroonprins

Die Prado VX is waarskynlik die koning van voertuie in Afrika. Dié van ons wat al regtig rowwe paaie en wilde riviere deurkruis het op pad Kongo toe, kan daarvan getuig. Soos ‘n paar jaar gelede wat ons met groot bravado ‘n rivier in volle vaart deur is sodat die voorste GP nommerplaat losgeruk het en vandag iewers in die Atlantiese Oseaan dobber; dit terwyl die man in sy VX rustig halfpad deur gesto het om sy voertuig ‘n slag weer te was!

Read more