Bekendstelling: Suzuki Kizashi

Nuwe vlagskip van Suzuki

Suzuki is in Suid-Afrika bekend vir hulle klein 4×4 voertuie, die Jimny en Vitara asook klein luikrug modelle, die Alto en Swift en dan hulle natuurlik ‘n lang geskiedenis as vervaardigers van  motorfietse.

Read more

Padtoets: Ford Fiesta 1,6 TDCI Ambiente Sedan

Terug na die toekoms

By wyse van spreke het ek die lewenslig in ‘n ou, groen 1937 Ford V8 die lig gesien. Op daardie stadium het die skoolkinders op Kamieskroon hom al die bynaam “Genade” gegee. Maar loop het hy geloop – al het dit soms ‘n tyd geneem om aan die gang te kom! En toe trou ek ook met ‘n vrou wat uit die Ford tradisie kom.

Read more

Bekendstelling: Nuwe Fluence [2011]

Renault raak ernstig!

Met die bekendstelling van die nuwe Fluence, was die plaaslike bestuur van Renault baie eerlik om te erken dat alles die afgelope paar jaar in Suid-Afrika nie reg geloop het nie. Hulle is ook baie ernstig om dit reg te stel en om so die negatiewe persepsies wat kopers van die modelle en diens het, om te swaai.

Read more

Geskiedenis: Alfa Romeo word honderd

Alfa Romeo word honderd; baie geluk Fiat!

Die befaamde Italiaanse vervaardiger, Alfa Romeo, het so pas hulle honderdjarige bestaan gevier. Nie net in sy geboortestad en land nie maar ook hier in die Kaap. En die regte plek in die Kaap is natuurlik die Franschhoek Motormuseum wat deur die Rupert familie met hul sin vir geskiedenis en tradisie ‘n paar jaar terug op die been gebring het. Dit was dan ook hier waar die lede van die Kaapse Alfa Romeo Klub op 27 Junie hulle skitterblink vuurwaens kon vertoon.

Read more