Nuwe Renault Sandero verras met klein petrol turbo
Toe die eerste Sandero ‘n paar jaar gelede op die mark gekom het dit gou heelwat aanhangers tot gevolg gehad – die prys was reg, voldoende krag (tog effe flou) en spasie, maar nie so lig op brandstof soos sommige van sy mededingers nie. Nou het Renault die Sandero heeltemal verfris met ‘n nuwe voorkoms en ‘n nuwe enjin – ‘n klein 900cc turbo.