Padtoets: 2017 Mini Clubman Cooper S – John Cooper Works

Prysige prettigheid

Die Rooiwarm staan in direkte kontras met die donker grys reën wolke in die agtergrond. Met die regte lens aan die kamera, stap ek oor die pad om die gepaste foto’s in te kry. Ietwat riskant staan ek in die aankomende baan van die bult, maar soos die Millenial generasie argumenteer; geen risiko is te groot vir daardie perfekte skoot nie. Ek is net gereed om gou daardie foto in te kry, toe ‘n vrou, moeg van die 2.5km se bult draf, eers by my stilhou om uit te vra oor hierdie Brandrooi Bigi (“Big mini”).

Read more

Padtoets: 2017 Land Rover Discovery TD6

Die beste 4×4 /SUV kombinasie nog?

Die naam ‘Discovery’ het ‘n sterk persoonlike konnotasie vir my. Nie te lank terug nie het ek as student die TD1 model deur die nat en modderige Cederberge geneem. Tot vandag bly dit een van my gunsteling herinneringe. ‘n Land Rover Discovery, met meer as 350 000km op die enjin, gemaklik op die pad, maar selfs meer op die rowwe grondpad van die Tankwa Karoo. 

Read more

Padtoets: Renault Captur 88kW Turbo

‘n Kar wat vele harte steel

Die opgedateerde 2017 Captur mag dalk vir baie vreemd lyk, ietwat soos ‘n skilpad wat besluit het om vir ‘n Donald Trump “spray tan” te gaan. Gedurende ons week met die Captur, was die konsensus egter die omgekeerde en het talle persone gesoek na ‘n foto, of slegs net ‘n binne toer van die voertuig. Die Captur is presies waarna die naam verwys, ‘n voertuig wat individue se harte steel met die eerste oogopslag.

Read more

Padtoets: 2017 Toyota Aygo 1L

Die Stedelike Ontdekkingsreisiger

In Suidelike Afrika is daar twee groot probleme. Stede soos Windhoek, Johannesburg en Kaapstad raak digter bevolk. Nie meer is dit ‘n vinnige uitstappie om in die kar te spring en na die naaste winkelsentrum te ry nie. Tyd, verkeer en padwerke moet in ag geneem word. Die tweede probleem is natuurlik die styging in petrol pryse. Dit is nie meer ekonomies vatbaar om met ‘n groot voertuig in die stad rond te vertoef nie en baie vervaardigers is besig om juis hierdie kwessie aan te spreek.

Read more

Padtoets: Mini Countryman Cooper S

Die Mini perspektief

My laaste ontmoeting met ‘n Mini strek terug na einde 2016 en laat ‘n glimlag op my gesig elke keer as ek daaraan dink. Die Mini Cooper S (afslaankap) was een van my gunsteling voertuie om die jaar te toets, bloot omdat ek soos Mark Wahlberg op die stel van “The Italian Job” gevoel het elke keer as ek my regtervoet aan gravitasie oorgee. In die ‘Sport’ funksie was hierdie kar ook nie sommer die normale ‘stil’ sluiper nie, maar eerder die aandag-soekende, geweerskoot-rasende, klein stadsverkenner.

Read more