Mahindra doen op die oomblik baie goed. Terwyl almal behep is met Sjinese voertuie, is die Indiese vervaardiger stilweg besig om koppe te laat swaai. Mahindra se Pik Up bakkie doen uitstekend goed, met hul 25 000ste eenheid, wat pas (Februarie 2025) plaaslik aanmekaar gesit is.
Padtoetse
Alles van luikrugmodelle tot supermotors!
Padtoets: 2024 Jaecoo J7 1.6T Glacier
Jaecoo se J7 Glacier die beste waarde vir geld.
Nes die Volkswagen groep (die grootste in Duitsland), wat vele ander vervaardigers soos SEAT, Skoda, Cupra, Audi, Lamborghini, Porsche, Bentley, en selfs Ducati besit, is die Chery groep in beheer van die Sjinese voertuig mark. Hierdie groep besit onderandere Omoda, Jetour, en Jaecoo. Elk van hierdie kan nou in Suider-Afrika gevind word, met die laasgenoemde wat onlangs in die distrik opgedaag het met een model.
GAC Emkoo in Suider-Afrika met twee modelle
GAC se Emkoo is beslis ’n sakpas aankoop, ’n stelling, wat ons in die onlangse “Moenie die GAC Emkoo mis kyk nie” artikel gemaak het. In hierdie artikel sal ons egter spesifiek na die twee Emkoo modelle kyk.
Padtoets: 2024 Omoda C9
Omoda tree nou die super luukse mark in
2024 was beslis die jaar vir Sjinese voertuie. Kyk maar net na enige motorjoernalis of motor-beïnvloeder se profiele en Sjinese voertuie is die orde van die dag. Sedert die aanbreek van die nuwe dekade, het Sjinese voertuie die mark ge-bombardeer.
Ineos se Grenadier: ‘n regte 4×4
Deesdae is daar min voertuie, wat opregte opwinding skep. Als voel dieselfde. Gelukkig is die Ineos Grenadier nou in Suider-Afrika te koop…
Padtoets: Ford Ranger Tremor
Ford veroorsaak vibrasies in die bakkie segment
Vroeg in 2024 het Ford hul fokus sterk begin plaas op hul Ranger reeks en met goeie rede. Hoewel Ford se kleiner SUV en luikrug modelle konstant verander, bly die Ranger (sowel as die Everest) ’n top verkoper vir die vervaardiger.
Padtoets: 2024 JAC T9 SuperLux Outomaties
JAC se T9, strategies geprys in ’n mededingende mark
Teen die tyd weet bykans meeste Suid-Afrikaners dat die Sjinese hier is om die voertuig mark oor te neem. Dit word tans voorspel dat teen 2027, bykans 40% van alle plaaslike voertuig aankope, aan Sjina sal behoort. ’n Sentiment, wat onlangs versterk is deur TSAM president, Andrew Kirby, wat genoem het dat Indiese en Sjinese vervaardigers reeds 32% van die mark besit.
Padtoets: 2024 GAC Emkoo 1.5T GDi Executive
Moenie die GAC Emkoo mis kyk nie!
GAC word eintlik uitgespreek as “Gee Ay Cee”, ’n verligting vir vele, wat dalk mag dink dat hierdie sinoniem is tot vloektaal in Afrikaans. Terselftedyd is GAC se twee huidige modelle, naamlik die Emzoom en die Emkoo ook nie veel sagter op die tong nie. Moet egter nie dat hierdie jou wegstoot van die GAC fabrikaat nie. Die Sjinese vervaardiger het veel om te bied.
Padtoets: 2024 VW Polo Vivo 1.6 Style
Volkswagen se bekroonde Vivo word verfris
Sedert 2010 bly Volkswagen se Polo Vivo ’n ikoniese voertuig in Suid-Afrika. Met uitstekende betroubaarheid en oorgenoeg spasie, bied die Vivo ‘n uitstekende waarde-vir-geld opsie vir jonk en oud.
Padtoets: 2024 Citroën C3 Aircross
Is Citroen terug?
Kom ons wees eerlik. Die Franse vervaardigers het oor die afgelope tyd redelik gesukkel in Suid Afrika. Franse voertuie is bekend vir hul voorkoms, sowel as hul bekostigbaarheid. Die Sjinese het nou ongelukkig hierdie plek ingeneem en die Franse ietwat onder die mat ingedruk. Oor die afgelope paar jare was Citroen relatief stil, tot nou.