Die jaar is 2022 en die woorde “Haval Jolion” is op bykans almal se lippe. Elke sosiale interaksie of kantoor gesprek het iewers na hierdie voertuig gedraai. Twee jaar later, en die Jolion HEV (hibried) land by ons aan. Nou, ’n enkele paar maande later, het Haval se Jolion nog ’n model; naamlik die ‘Pro’.
Padtoetse
Alles van luikrugmodelle tot supermotors!
Padtoets: 2024 GWM Ora 03 (teen Volvo se nuwe EX30)
Klein EVs nou vir onder die R1 miljoen merk
Kopers het deesdae meer keuses tussen elektriese voertuie (EV), terwyl hierdie voertuie ook kleiner en goedkoper word. Net so verbreed die laai infrastruktuur ook. Hierdie is grootliks te danke aan die Sjinese se invloed. EV produkte word nie meer net aan die eksklusiewe mark gebied nie.
Padtoets: Chery Tiggo 4 Pro Elite DCT outomaties
Chery neem die mark oor
As een van die nuwe Sjinese vervaardigers in Suider-Afrka, neem Chery beslis die voortou met ’n veelfout van modelle. Dink maar net aan Chery se mees bekende naam, die Tiggo, asook ander sub-name soos die Omoda, Jaecoo, en die komende Jetour.
Padtoets: 2024 Toyota Hilux GR-S III
Toyota tref die balans net mooi
“Bakkies het vervelig geword”, ’n mening, wat ek nou die dag met een oor tydens ’n gesprek gehoor het; ’n sentiment, wat sekerlik onder vele stedelinge rommel. Vir die plattelandse bevolking, waar die werksverrigting meer belangrik is as ‘n “veilige” laaibak vir fietse, of om ’n kampsleepwa te trek, is estetika minder belangrik.
Padtoets: 2024 Hyundai i20 N-Line
Is die i20 N-Line die beste variant in Hyundai se i20 reeks?
In die motorbedryf is die “-line” agtervoegsel gewoonlik gekoppel aan ’n meer sportiewe konnotasie. Dink maar net aan Mercedes-Benz se AMG-Line, Volkswagen se R-Line, of Ford se ST-Line. Gewoonlik is hierdie modelle nie kosmeties opgeskerp om ietwat meer soos die egte AMG, R, of ST modelle te lyk.
Padtoets: GWM Tank 300 HEV
GWM se Tank 300: Uitstekend, maar ’n moeilike mark
Chinese vervaardigers is tans besig om die plaaslike voertuig mark oor te neem, met Europese vervaardigers, wat te midde van invoerskostes, net eenvoudig nie kan byhou nie. Met die nuutste tegnologie en algehele merkwaardige pryse, is meeste van hierdie voertuie ’n sakpas alternatief, veral tydens ’n tydperk van geweldige finansiële kommer.
Sprint Artikel: 2024 Jaecoo J7 Inferno
Jaecoo hier om die mark om te tuimel!
Soortgelyk aan ander top vervaardigers, het die Jaecoo naam die land binnegedring as Chery se weelde-handelsmerk.
Padtoets: 2024 Kia Picanto LX
Nes die bakkie en SUV segmente, is die klein luikrug segment bitter mededingend in Suid Afrika; en met goeie rede…
Padtoets: 2024 Isuzu D-Max Dubbelkajuit 1.9 Ddi X-Rider 4×4 Outomaties
Inflasie, stygende brandstof- en kos pryse, sowel as die drastiese verhoging in voertuig pryse, maak dinge deesdae ietwat moeilik vir die groeiende middelklas. Voor Covid-19 was dit amper ongehoord van om ’n bakkie vir R1 miljoen aan te koop. Vandag is hierdie premie prys amper die norm vir vlagskip “stedelike” bakkies.
Isuzu D-Max AT35 vs. Ford Ranger Platinum!
R50 239; dit is die verskil tussen Ford se bekroonde Ranger Platinum (R1 120 100), terwyl die Isuzu D-Max AT35 (Arktiese Trok) verkoop vir R1 170 339. Beide is bakkies, maar is gebou vir verskillende gebruike…