Kia is besig met ’n revolusie. Oorsee het die nuwe elektriese EV6 GT reeds die gesogde “Wêreld Sports voertuig” van die jaar (2023) gewen, terwyl die EV9 ook besig is om koppe te draai. Ongelukkig is Suider-Afrika nog so ’n bietjie agter, wat nuwe voertuie behels, maar bied Kia steeds uitstekende voertuie. Kia het ietwat laat by die klein SUV-mark aangesluit, dog verkoop die Kia Sonet uitstekend goed. Hierdie wil gedoen wees, veral in so ’n mededingende mark.
Franco Theron
Padtoets: 2023 Isuzu MU-X 3.0 TD Onyx 4×4
Die bakkie-gebaseerde SUV segment is geweldig mededingend en een vervaardiger se aksies kan ’n sneeubal-effek veroorsaak. Ford het natuurlik hul Everest (en Ranger) reeks heeltemal verander, terwyl Toyota ook die Fortuner ietwat opgetower het. Isuzu, wat in 2019 met die eerste generasie MU-X ingetree het, het net laasjaar ’n nuwe, tweede generasie model uitgebring. Ons het onlangs die nuutste weergawe van hierdie tweede generasie in die hande gekry.
Padtoets: 2023 Suzuki Grand Vitara
Dit is deesdae bykans ongehoord om ’n Suzuki artikel te lees, of ’n video te kyk, waar die Maruti vennootskap tussen Suzuki en Toyota nie genoem word nie. Ons het dit ook al etlike kere genoem, so laat ons dus nie nog ’n artikel gebruik om aandag hieraan te bestee nie.
Driving report: Suzuki launches second-smallest 4×4 SUV
The past week, Suzuki launched the second smallest 4×4 SUV, with only the 3-door Jimny taking the crown as the smallest 4×4 on the market.
Padtoets: 2023 Ford Everest XLT
‘n Ruk gelede het ons die splinternuwe top-klas Ford Everest 3.0L V6 4WL Platinum model getoets en, soos die naam aandui, is dit werklik ’n luukse Platinum voertuig. Natuurlik is die prys wat hiermee gepaard gaan ook redelik oogwaterend. Gelukkig hoef kopers nie noodwendig R 1146 500 te hoes om ’n Everest te besit nie. Ford het dus vir ons die intree-4×4-model, die XLT 2.0 BiTurbo, gegee om die verskil te toets.
Launch report: Suzuki Jimny 1.5 AllGrip (GL en GLX) 5-door
Suzuki ends off successful 2023 with the launch of the Jimny 5-door
In November 2018, Suzuki South Africa launched the brand-new and long-awaited 4th generation (code named: JB74) Jimny. While the 3rd generation Jimny was one of the key ingredients for Suzuki’s success, since re-entering the country in 2008, the model needed some modern updates. In fact, at that time, the third generation Jimny (JB23) had been in the country for a decade (two in other countries).
Bekendstelling: Suzuki Jimny 1.5 AllGrip (GL en GLX) 5-deur
Suzuki SA bekroon suksesvolle 2023 met Jimny 5-deur bekenstelling.
Tydens November 2018, het Suzuki Suid-Afrika die splinternuwe 4de generasie (kodenaam: JB74) Jimny bekend gestel. Terwyl die 3de generasie Jimny een van die kern redes vir Suzuki SA se sukses was sedert hul plaaslike herkoms in 2008, het die model ‘n paar moderne opdaterings benodig. In werklikheid was die derde generasie Jimny (JB23) teen daardie tyd al ’n dekade oud die land (twee in ander lande).
Padtoets: 2023 Suzuki Eeco 1.2 (K12)
Eeco kom tot die redding
Met ‘n mark gefokus op dubbelkajuit bakkies en Sportsnuts voertuie, is die fokus maar selde gerig op klein nuts voertuie. Met geen half-ton bakkies oor op die mark nie, en net ’n handvol klein lorries met oop laaibakke, moet klein besighede knak onder die finansiële verpligtinge van ’n duurder een-ton bakkie of selfs grootter.
Vergelyking: 2023 Toyota Corolla Hybrid sedan en luikrug
Toyota se hibriede voertuie is ongetwyfeld ’n winskoop in Suid-Afrika. Nie net is dit betroubaar (weens die Toyota parte) nie, maar is dit ook bekostigbaar. Hierdie is grootendeels te danke aan die Toyota plant wat plaaslik die voertuie aanmekaar sit (in Durban). Natuurlik elimineer dit die invoers- en belasting- onkostes.
Padtoets: 2023 Volkswagen Amarok 3.0TDi V6 D/C Aventura 4Motion
Die nuwe mylpaal
“Handelsmerk ingenieurswese” is deesdae in die mode. Wel, dit was nog altyd, maar is net nou meer opvallend. Die bekende slagspreuk lees: “As jy hulle nie kan oorwin nie, sluit by hulle aan.” (direkte vertaling) en vele vervaardigers verkies om saam met hul naaste kompiteerdeders te konkelin ’n poging om die res te oorwin, ’n voorspelbare storielyn in die bekende “Survivor” reekse.