Padtoets: 2018 BMW X3 3L Turbodiesel

Ons kamp met die nuwe BMW X3

Om te gaan kamp is vir vele ‘n heerlike naweek aktiwiteit. Kombineer dit met een van die Wes-Kaapse areas wat die meeste reënval per jaar kry en ‘n uitstekende Sportsnuts voertuig en die naweek word skielik ‘n fees. Ons het immers toevallig besluit om juis die naweek te gaan kamp, wat die Wes-Kaapse damme vir die eerste keer in ‘n drie jaar periode, ‘n positiewe rekordsyfer behaal.

Read more

Padtoets: 2018 Volvo XC40 T5

Volvo XC40 mik bo klas gewig

Veiligheid, gemak, spasie en gebalanseerde ryvernuf. Dit is begrippe waarmee die splinternuwe Volvo XC40 goed opgesom kan word. Tydens die loods van die model in April het ons dit al bevestig en na ‘n week met die voertuig, kan ons dit nét beaam. Die XC40 is ‘n voertuig wat goed bo sy eie gewig slaan en meer bied as wat verwag word.

Read more

Padtoets: 2018 Volkswagen Polo Vivo Trendline 1.4 (55kW)

Vivo bereik nuwe hoogtes

Vir die afgelope sewe jaar is Volkswagen die leier met hul intreevlak motor, die Polo Vivo. Sedert die Vivo die laaste 2009 Citi Golf oorgeneem het, het die vervaardiger sowat 193 343 eenhede verkoop en hulle is nie van plan om daar te stop nie. Inteendeel, Volkswagen is van plan om nog meer te verkoop as ooit van tevore. Die vraag is egter: Sal hulle hierin slaag?

Read more

Padtoets: 2018 Honda Civic Type R

‘n Geruime tydjie terug het ons die splinternuwe Honda Type-R om die Dezzi resies baan in Kwazulu-Natal geneem. Hierdie baan is spesifiek gekies om die uitblinker-kwaliteite van die nuwe Type-R ten toon te stel. Dis is in lang en kort draaie waar hierdie voorwiel aangedrewe absoluut fenominaal is. Dié keer het ons die Type-R gekry om dit vir ‘n week as ‘n “familie” en “werks” voertuig te gebruik.

Gedurende hierdie week het ons iets beleef soos nog nooit vantevore…

Read more

Padtoets: 2018 Nissan Navara 2.3D LE 4×4 DC auto

Die wag werd?

Nissan het sowat agt jaar geneem om die nuwe Navara bakkie uit te bring, maar daar is belowe dat dit ‘n nuwe bakkie in die meer luukse bakkie segment sal wees. Kompeterend met die Volkswagen Amarok en soortgelyke opsies, word die geklasifiseer as ‘n werks-, maar ook familie vriendelike voertuig. Was die wag vir die nuwe Navara egter die moeite werd?

Read more

Padtoets: 2018 Renault Kwid Dynamique AMT Auto

Die stoute tiener wat nie luister nie

Indien jy pas die splinternuwe Renault Kwid aangekoop het, sal ons jou sterk aanraai om nie hierdie artikel verder te lees nie.

Die Kwid het op ons voorstoep verskyn, nes ons die vorige week ‘n soortgelyke en ewe bekostigbare voertuig getoets het. Ons was aangenaam verras met die motor, siende dat selfs prys daar nie eers die kwaliteit van die voertuig kon beïnvloed nie. Die Kwid het egter ‘n ander prentjie geverf.

Read more