Padtoets: Toyota Hilux 3.0D-4D 4×4 Raider (Outo.)

Toyota Hilux 3.0D-4D 4×4 Raider – Outomaties

Dit voel soos nou-die-dag wat ek as student van die Strand af na Stellenbosch toe geryloop het en my eerste saamrygeleentheid  in ‘n splinternuweToyota Stout bakkie gekry het. Wat vir my interessant was omdat die eerste volgrootte Japannese bakkie was waarin ek gery het. Wat opgeval het was die lae ratverhouding van die bakke wat nie baie vinnig kon loop nie maar wat soos ‘n stoomlokomotief teen Louw-se-Bos uit getrek het.

Read more

Padtoets: 2009 Jeep Cherokee CRD

Oupagrootjie se tweede lewe

Die oupagrootjie van elke sportnutsvoertuig (of vier-by-vier) is die Amerikaanse Willys GP (“General Purpose”) wat in die Tweede Wêreldoorlog sy verskyning gemaak het. Hierdie basiese maar veelsydige vierwielaangedrewe voertuig het na die oorlog vinnig bewys dat hy ook harde werk of vermaak vir Jan Alleman kan bied.

Read more

Padtoets: BMW Z4 sDrive30i

Die plesierige ervaring

Dit het al weer gebeur. Vir ‘n tweede keer kon ek nie ‘n toetsvoertuig van BMW vir sewe dae met een tenk brandstof toets nie. Hierdie keer was dit nie die skuld van die motor se brandstofverbruik nie (gemiddeld 9 l/100km), maar egter my onweerstaanbare lus om effens doelloos net met dié spog-sportmotor rond te ry.

Read more