Padtoets: Hyundai H1

Hyundai se H1-bussie nou ook met ‘n turbodiesel beskikbaar

Hyundai se H1 nege-sitplek luukse bussie, ʼn wegholsukses sedert sy bekendstelling in Maart 2009 en met verkope wat in Desember ʼn hoogtepunt van 90 bereik het, is nou met die keuse van moeitelose turbodieselkrag beskikbaar.

Read more

Padtoets: 2009 Dodge Journey CRD

Die veelsydige alternatief

Die Dodge Journey moet eintlik ‘n reuse sukses wees, nie net in sy tuisland, die VSA nie. Nes ons Namibiërs het die meeste mense wêreldwyd die SUV / sportnutsvoertuig of 4×4 se doeleindes heeltemal verkeerd vertolk en het hulle die koop van so ‘n groot spogmotor met redes soos veiligheid en spasie probeer verdedig.

Read more

Padtoets: 2009 Chevrolet Lumina SS

Die Chev Lumina SS bult nog meer spiere.

Soos daar sekere dinge, gebeure en verskynsels in die lewe is wat wetmatig vasstaan en waaraan daar nie veel verander of gedoen kan word nie, so sal daar altyd in die wêreld van motorentoesiaste argumente gevoer en vergelykings getref word oor die voordele en nadele van die verskillende make en modelle.

Read more

Padtoets: Peugeot 207

Opgekikkerde Peugeot 207

Peugeot se nuwe 207 is amptelik einde September in Suid-Afrika bekend gestel en het ‘n aantal verbeteringe ondergaan waaronder ‘n opkikkering met ‘n vars nuwe voorkoms. Peugeot het ook die 207-reeks se modelbenamings verander. Die vorige XL-, XR- en XS-benamings staan nou as Urban, Active en Dynamic bekend.

Read more

Padtoets: BMW Z4 sDrive35i

Die dubbel-turbo meisie

Somtyds kry mens ‘n tweede kans. ‘n Tweede kans vir sukses, of jammer sê, of met ‘n ou liefde. Toe ek versigtig in die nuwe BMW Z4 sDrive35i klim, voel dit asof ek ‘n tweede kans met ‘n beeldskoon meisie kry; maar in my afwesigheid het sy gym toe gegaan.

Read more

Padtoets: Alfa Romeo MiTo

Die pragtige nefie

Let op en maak nota’s, daar is ‘n nuwe speelding vir mense wat graag die gesigboekie (“facebook”) op hul aanraak-skerm selfone besoek. Die pragtige en moderne wêreld van klein spogmotors het die nuwe-ou Kewer, Mini, en Fiat 500 met oop arms verwelkom; en nou vra die Alfa-Romeo Mito om hulle nuutste maatjie te wees.

Read more