Bekendstelling: Toyota Auris [2013]

Toyota wys sy nuwe Auris

Ontmoet mens die huidige dinamiese en charismatiese hoofuitvoerende beampte van die Toyota maatskappy, Akio Toyoda, is dit byna vanselfsprekend dat die familienaam êrens ‘n aansluiting moet hê met die produk self.  En dit is dan ook inderdaad so.

Read more

Padtoets: Peugeot 4008

Met Peugeot se 4008 op die langpad

Daar is met groot verwagting uitgesien na die dag wat Peugeot die mark vir nutsvoertuie in Suid-Afrika sou betree en met die bekendstelling van die 4008 vroeër vanjaar is daar aan hierdie verwagting voldoen.  En laat mens dan ook maar dadelik byvoeg dat Peugeot met die 4008 weereens meer as voldoen aan die hoë standaarde van betroubaarheid en rygenot waaraan Peugeot aanhangers sedert die dae van die 404 en 504 so gewoond geraak het.

Read more

Bekendstelling: Hyundai i30

Stel nuwe standaarde in sy klas

Die stof het nog nie behoorlik gaan lê, en die roes is nog nie behoorlik afgeslaap ná die fenomenale ontvangs en prestasies van Hyundai se nuwe Elantra nie, of die i30 verskyn op die rakke om nog enige moontlike gapings in Hyundai se arsenaal van puik en aantreklike motors in die kompakte segment te vul.

Read more

Bekendstelling: SsangYong Sport Dubbelkajuit

Bakkie vir sport en plesier

Met die onlangse bekenstelling van SsangYong se dubbeldoelvoertuig, die Korando, is daar in ‘n vorige artikel melding gemaak van SsangYong se nuwe en byna rewolusionêre benadering ten opsigte van die ontwerp van sy nuutste produkte.

Read more

Bekendstelling: Volkswagen CC [2012]

Cabriolet en Coupé in een voertuig

Sedert die bekendstelling van die Volkswagen CC in Suid-Afrika en Namibië, ongeveer vier jaar gelede, was hierdie vierdeur koepee reg van die begin af  ‘n treffer en was dit veral die opvallende en sportiewe ontwerp van die motor wat heel eerstens die oog getref het. Dit is dus ook geen wonder dat die Volkswagen CC in Europa en ook in Australië verskeie pryse vir sy ontwerp gewen het nie.

Read more

Padtoets: KIA Optima

‘n Nuwe ontwerpsfase

Met die bekendstelling van die derde generasie Optima het die hoof in beheer van die ontwerp van – produkte, Peter Schreyer, en sy span in die ateljees in Frankfurt en Kalifornië dit onomwonde gestel dat met die Optima dit die doel was om aan die publiek ‘n motor bekend te stel wat hulle nie van sou verwag het nie.

Read more