Padtoets: 2023 Volkswagen Polo Sedan

Pure nostalgie

In die afgelope dekade, moes vele vervaardigers hul ikoniese sedan modelle van die mark haal, weens die groeiende SUV mark. Volkswagen is maar net een van hierdie. Dink aan die Passat of die CC. Beide uitmuntende voertuie, wat steeds uitstekend in die Europese markte doen, maar onttrek is uit Suider Afrika weens die beheptheid met SUVs..  

Read more

Padtoets: 2023 Suzuki S-Presso

Suzuki se nuwe S-Presso hier om die bose petrolpomp terug te hou

Met alles wat in 2020 gebeur het, is die Suzuki S-Presso stilweg in Suider-Afrika ingebring. ’n Virtuele bekenstelling en beperkings rondom toelaatbare reisafstande en aktiwiteite het ons forseer om iets nuuts met die onbekende S-Presso te laat doen. Ons het bloot net met die ongewone naam saam gespeel en probeer om koffie te maak met die voertuig. Tot vandag toe is hierdie YouTube video op ons kanaal een van dié wat die mees diverse kommentaar ontvang het.

Read more

Padtoets: 2022 Land Rover Defender 90 Aangejaagde V8

Waarom ’n reeds perfekte resep probeer verander?

Persoonlik was ‘n V8 Land Rover Defender 90 nog altyd vir my ’n aantrekkings krag. Terwyl ’n swart voertuig nie noodwendig die beste keuse is vir die bosveld, of die Suider-Afrikaanse hitte nie (en wit of ligte silver meer verkiesbaar sou wees), is die V8 se brul maar nou eens maar net ’n droom. Terwyl die V8 se krag die 90 uit enige modder gat kon bring, en ’n dominansie aankondig, was die brandstof tenk gereeld dors. 

Read more

Padtoets: 2022 Honda HR-V 1.5 Executive

Honda het onlangs ‘n totale herontwerp van hul produkte gesien. Kyk maar net na die nuwe Fit, wat eintlik maar ’n Jazz is, gemik op die jonger mark. Soortgelyk hieraan is ook die verandering van die BR-V. Beide hierdie voertuie is herontwerp om die stereotipes van ouds te laat vaar, ’n doel waarin die Japanese vervaardiger goed gevaar het.

Read more

Padtoets: 2022 Isuzu D-Max 3.0TD Dubbelkajuit V-Cross 4×4

Isuzu nou nader aan mededingers  

Suider-Afrika se bakkie segment is vinnig besig om die mees kompiterende motor segment te word. By die dag raak hierdie voertuie meer betroubaar, meer luuks, meer modern, en beter werkesels. Meer en meer vervaardigers sluit ook aan by hierdie mark, wat dit moeiliker maak om ’n groot markaandeel te behou.

Read more

Padtoets: 2022 Hyundai Venue 1.0 TGDI Fluid DCT

Hyundai se Venue gereed om meer aan te durf

Sedert Hyundai se Venue, 4-jaar gelede die klein-SUV mark aangevat het, het hierdie einste mark veel meet mededingend geword. Veel meer nasies het die stryd aangedurf en ’n grote markaandeel vanaf die Suid-Koreaners geneem. Nou, met ‘n “nuwe” gesig, is die Indiese vervaardigde Venue, slaggereed om die aandeel in hul guns te draai.

Read more

Padtoets: 2022 Toyota Corolla Cross GR-S

Die perfekte voertuig best…

Toyota se nuwe Corolla Cross het die mark met ‘n storm getref. Nie net het dit die bekende “Corolla” naam oorgebring na die SUV mark nie, maar het Toyota dit ook goed reg gekry om ’n familie-grootte SUV teen ’n baie goeie prys te verkoop nie, maar ook om hibriede tegnologie bekostigbaar te maak.

Read more