Padtoets: 2023 Kia Sportage GT-Line Plus

Kia is besig met ’n revolusie. Oorsee het die nuwe elektriese EV6 GT reeds die gesogde “Wêreld Sports voertuig” van die jaar (2023) gewen, terwyl die EV9 ook besig is om koppe te draai. Ongelukkig is Suider-Afrika nog so ’n bietjie agter, wat nuwe voertuie behels, maar bied Kia steeds uitstekende voertuie. Kia het ietwat laat by die klein SUV-mark aangesluit, dog verkoop die Kia Sonet uitstekend goed. Hierdie wil gedoen wees, veral in so ’n mededingende mark.

Read more

Padtoets: 2023 Isuzu MU-X 3.0 TD Onyx 4×4

Die bakkie-gebaseerde SUV segment is geweldig mededingend en een vervaardiger se aksies kan ’n sneeubal-effek veroorsaak. Ford het natuurlik hul Everest (en Ranger) reeks heeltemal verander, terwyl Toyota ook die Fortuner ietwat opgetower het. Isuzu, wat in 2019 met die eerste generasie MU-X ingetree het, het net laasjaar ’n nuwe, tweede generasie model uitgebring. Ons het onlangs die nuutste weergawe van hierdie tweede generasie in die hande gekry.

Read more

Padtoets: 2023 Ford Everest XLT 

‘n Ruk gelede het ons die splinternuwe top-klas Ford Everest 3.0L V6 4WL Platinum model getoets en, soos die naam aandui, is dit werklik ’n luukse Platinum voertuig. Natuurlik is die prys wat hiermee gepaard gaan ook redelik oogwaterend. Gelukkig hoef kopers nie noodwendig R 1146 500 te hoes om ’n Everest te besit nie. Ford het dus vir ons die intree-4×4-model, die XLT 2.0 BiTurbo, gegee om die verskil te toets.

Read more

Padtoets: 2023 Suzuki Eeco 1.2 (K12)

Eeco kom tot die redding

Met ‘n mark gefokus op dubbelkajuit bakkies en Sportsnuts voertuie, is die fokus maar selde gerig op klein nuts voertuie. Met geen half-ton bakkies oor op die mark nie, en net ’n handvol klein lorries met oop laaibakke, moet klein besighede knak onder die finansiële verpligtinge van ’n duurder een-ton bakkie of selfs grootter.  

Read more

Vergelyking: 2023 Toyota Corolla Hybrid sedan en luikrug

Toyota se hibriede voertuie is ongetwyfeld ’n winskoop in Suid-Afrika. Nie net is dit betroubaar (weens die Toyota parte) nie, maar is dit ook bekostigbaar. Hierdie is grootendeels te danke aan die Toyota plant wat plaaslik die voertuie aanmekaar sit (in Durban). Natuurlik elimineer dit die invoers- en belasting- onkostes.

Read more

Padtoets: 2023 Volkswagen Amarok 3.0TDi V6 D/C Aventura 4Motion

Die nuwe mylpaal

“Handelsmerk ingenieurswese” is deesdae in die mode. Wel, dit was nog altyd, maar is net nou meer opvallend. Die bekende slagspreuk lees: “As jy hulle nie kan oorwin nie, sluit by hulle aan.” (direkte vertaling) en vele vervaardigers verkies om saam met hul naaste kompiteerdeders te konkelin ’n poging om die res te oorwin, ’n voorspelbare storielyn in die bekende “Survivor” reekse.

Read more

Padtoets: 2023 Hyundai Tucson 2.0 AWD N-Line

Een van Hyundai se beste nog

Artikel: Franco Theron
Fotograaf: Jacques Grobler

Sedert die vervaardiger se aankoms in Suider-Afrika, net meer as twee dekades gelede, het Hyundai ’n paar uitskieter modelle ontwerp, waarvan die Getz (spesifiek die 1.6 diesel), die IX35, en die die i10 (Atos) en i20 maar net ’n paar van die ikoniese modelle was.

Read more

Padtoets: 2023 Toyota Vitz XR

Vitz nou Toyota se intree model

Toyota het onlangs ‘n paar veranderinge aan hul model-reeks gemaak, waarvan die mees onlangse die vervanging van die Agya was. Die nuwe Vitz tree dus die mark in as Toyota se mees bekostigbare voertuig, selfs goedkoper as die Agya (maar na ons mening, veel beter).

Read more