Bekendstelling: Nissan Sentra [2013]

‘n Welkome Nuweling

Daar was ‘n tyd wat omtrent elke dorp in die land ‘n Datsun-handelaar gehad het en waar seuns tydens skoolpouses gespog het dat hulle pa’s se Datsun SSS-sedans die vinnigste in die hele distrik was! Maar dit is lank gelede en die seuns het selfs pa’s geword, miskien al oupa’s? Ook het Datsun sy naam verander na Nissan.

Read more

Geskiedenis: Oos-Afrika Safari

Elizabeth ll, Land Rovers en die Oos-Afrika Safari

Dit is vanjaar sestig jaar wat koningin Elizabeth ll as Britse vorstin regeer en ons het al heelwat oor hierdie mylpaal te hore en te siene gekry; vanaf BBC televisie tot stories in Die Huisgenoot met foto’s oor hierdie merkwaardige vrou en natuurlik ook die troonopvolgers met hulle huwelike, hoogtepunte en laagtepunte.

Read more

Padtoets: Citroën DS3 THP Sport

‘n Kordate Franse haantjie met skop!

Vir Citroën-entoesiaste hoef jy net die letters “DS” te noem en jy kan weet daar gaan lekker gesels word! Die DS-letters  gaan terug na die tyd toe die rewolusionêre “nuwe” Citroën ID 19 in die middel-vyftigs die hele wêreld onkant betrap het met ‘n bakvorm wat aan ‘n glibberige haai herinner het.

Read more

Padtoets: BMW 316i

Beiere se trotse intree-sedan

BMW is al jare lank gevestig in Suid-Afrika, reeds vóór die Tweede Wêreldoorlog het daar al van die legendariese 328 sportmotors op die gruispaaie van destyds stof opgeskop. Daarna is daar enkele BMW 501 in die vyftigerjare deur ‘n trekkermaatskappy ingevoer maar die verouderde bakwerk van die motors het nie juis byval gevind nie, al was hulle met V8 enjins toegerus!

Read more

Bekendstelling: Honda Brio Sedan

Spasie sonder geldelike inflasie!

Hierdie jaar is ‘n jaar van verrassings onder die klein- en  intreemotors waar die kompetisie al hoe groter word. En hier gaan dit in die eerste plek oor bekostigbaarheid. Die koms van die Honda Brio Luikrug vroeër vanjaar het voornemende kopers – vanaf jeugdige studente, jong werkendes, en laaste maar nie die minste, ook pensionarisse, in toue na die Honda verkoopslokale gelok.

Read more

Bekendstelling: Nuwe Toyota Verso [2013]

‘n Vars en vriendelike nuwe vuurwa

Toyota se Verso, die superstasiewa in die Corolla-reeks, het so pas ‘n nuwe baadjie aangetrek, en ook ‘n paar ander dinge wat nie so opsigtelik is nie. Stasiewaens het hier by ons hulle gewildheid lankal verloor; die enkeles wat nog op die mark beskikbaar is, is eerder gekamoefleerde Duitse blitssedans wat regtig nie pakplek het nie.

Read more