Bekendstelling: Nissan Pathfinder 2.5 dCi 4×4 SE

Goeie nuus vir Nissan aanhangers – en ook ander!

Nissan van Suid-Afrika het so-pas ‘n baie netjiese skuif gemaak. Die prys van die uitstekende Pathfinder, waaroor ons voorheen al met soveel lof geskryf het, het met nagenoeg N$100 000 geval om hierdie begeerlike en taai 4×4 nou binne die begroting van soveel meer mense te kan plaas.

Read more

Padtoets: Peugeot 208×2

Nuwe besems vee skoon!

Daar is nie werklik ‘n Peugeot 208×2 nie; die “x2” dui maar net op die twee Peugeot 208-modelle wat ons getoets het. Die bakwerk is presies dieselfde maar onder die een Leeutjie se enjinkap is daar die moderne 3-silinder, 1 199 cc enjin; onder die ander een is daar die groter 4-silinder 1 598 cc eenheid.

Read more

Bekendstelling: Hyundai Santa Fe [2013]

Kraaknuut 4×4 Supersport uit Korea

In die relatiewe kort tydperk wat Hyundai op die plaaslike mark beskikbaar is, het hierdie Koreaanse vervaardiger, by wyse van spreke, die stryd as een van die topverkopers in die land amper stormenderhand oorwin.

Read more

Bekendstelling: Volkswagen Amarok D/K outomaties

Nuwe Woestyntemmer!

Volkswagen van Suid-Afrika het so-pas sy nuwe Amarok dubbelkajuit, met ‘n nuwe 8-gang outomatiese ratkas, in die Namibwoestyn aan motorjoernaliste bekendgestel. Dit was letterlik en figuurlik ‘n WARM geleentheid met temperature wat by 55 grade Celsius gaan draai het; verder is die nuwe Volkswagen bakkie, met sy outomatiese ratkas en permanente vierwielaandrywing,‘n warm opponent in hierdie marksegment waar hy sommige van sy mededingers ore gaan aansit.

Read more

Bekendstelling: Toyota Land Cruiser 70-Reeks Bakkies

Nou plek vir vyf!

Iewers, diep in jou,  is daar die heimlike begeerte om Afrika in te vaar en die slegste paaie en sandduine aan te durf met vertroue. Jy is skrikkerig om dit alleen aan te pak en soek nog vier maats om die avontuur te deel en mekaar moed in te praat.

Read more

Padtoets: KIA Soul 2.0

‘n Plesierige Boksie Buksie by uitstek!

Oor die jare heen was KIA nog altyd vir my half en half ‘n misterie, veral nadat ek meer as tien jaar gelede in Duitsland gesien het dat die KIA handelsmerk een van die mees bekendes daar was. Soveel so dat een van die handelaars daar ook Volkswagens verkoop het! Dit terwyl Hyundai by ons die groot Koreaanse verkoper was en KIA’s tweede viool gespeel het.

Read more

Padtoets: Peugeot 208

Peugeot se nuwe plesierige nommertjie

Peugeot is nie ‘n vervaardiger wat elke jaar met ‘n nuwe model te voorskyn kom nie, al verander hulle die vookoms van hulle leeu-embleem elke paar jaar. As die nuwe model dus wel sy verskyning maak, is dit die moeite werd om ernstig notisie te neem van die geleentheid.

Read more

Padtoets: Citroën C1

‘n Briesie uit verre Tsjeggië

Die wêreld het sedert die val van die Berlynse Muur in 1989 radikaal verander, Wes is nie meer Wes nie en Oos nie meer Oos nie. Maar ook nie heeltemal nie. Wie het ‘n dekade of twee gelede gedink dat Citroëns en Toyotas in die voormalige Tseggoslowakye gebou sou word en uiteindelik ‘n alledaagse verskynsel op Namibiese en Suid-Afrikaanse paaie sou word?

Read more