Padtoets: 2010 Toyota Prado TX

Afrika Kroonprins

Die Prado VX is waarskynlik die koning van voertuie in Afrika. Dié van ons wat al regtig rowwe paaie en wilde riviere deurkruis het op pad Kongo toe, kan daarvan getuig. Soos ‘n paar jaar gelede wat ons met groot bravado ‘n rivier in volle vaart deur is sodat die voorste GP nommerplaat losgeruk het en vandag iewers in die Atlantiese Oseaan dobber; dit terwyl die man in sy VX rustig halfpad deur gesto het om sy voertuig ‘n slag weer te was!

Read more

Padtoets: Toyota Auris XD

Lang bene vir die langpad

Toyota se nuwe Auris X-reeks is al so ‘n rukkie tevore bekend gestel. Nou onlangs het ons die XD-model in die reeks getoets en is vol lofgesange vir die “nuwe” Japanner wat ‘n paar nuwe eienskappe het wat hom van sy voorganger onderskei: Dinge soos ‘n nuwe enjinkap, flikkerligte in die syspieël, voorbuffer en sierrooster en hoofligte wat hom ‘n breëbors laat lyk.

Read more

Padtoets: Isuzu KB-reeks LX 300 4×4

Kyk weer!

Oor die jare heen het Isuzu bakkies ‘n reputasie opgebou vir enjins wat hou. Die eerste gewone dieselenjins wat jare lank hulle ding onder die enjinkgap gedoen het, sonder turbo-aanjaging, was onverwoesbaar. Daarna het die Isuzu bakkie vir ‘n tyd lank in die sewentigerjare as die Chevrolet LUV bekend gestaan; amper soos die Corsa wat ook nou die korporatiewe handelsnaam gekry het.

Read more

Padtoets: GWM Florid 1,5i VVT Super Lux

GWM se Florid gaan sy stem dik maak in die motormark

‘n Wyse eerder as ‘n aggressiewe benadering om ‘n punt te bewys was nog altyd deur die eeue ‘n kenmerk van die Chinese samelewing.  Anders as in die Weste, waar elke individu gewoonlik ten alle koste sy mening en opinie op die wyer samelewing wil laat geld, sal daar altyd in die Chinese kultuur ‘n oplossing probeer vind word wat die groter saak tot almal se bevrediging sal probeer oplos.

Read more

Padtoets: 2010 Citroen C3

Vorentoe in die verlede!

Oor baie dekades het die meeste seuns/mans seker gedroom dat hulle ‘n vliegtuig of helikopter kon vlieg. Om daar onder die glaskoepel van die Alouette, Impala of Mirage die wêreld deur te kyk en die gevoel te kry dat die hemel net bokant jou kop is. 

Read more

Padtoets: Hyundai i30

Méér as net ‘n papiertier uit die Ooste

Teen hierdie tyd het ons al begin gewoond raak aan Hyundai se nuwe neiging om hulle motors nommers eerder as name te gee. Dis nogal jammer want die Getz en Elantra en Atoz het vir baie mense al ‘n deel van hulle daaglikse woordeskat geword. Maar mense is aanpasbaar en syfers is seker daar om te bly!

Read more

Padtoets: Lexus RX450h

‘n Nuwe rigting

Tensy u dit nog nie agtergekom het nie, het die motorindustrie behoorlik begin draaie maak en ‘n nuwe rigiting gekies. ‘n Groen rigting. Vervaardigers moes vinnig reageer om nie net die resessie te klop, maar ook aanpas by die huidige denkwyse van verbruikers en die media.

Read more