Bekendstelling: Volkswagen Polo [2010]

Die Nuwe Polo het aangekom!

Normaalweg skryf ‘n mens iets by die opskrif by soos “rewolusionêr”, “waarde vir geld” of iets in dier voege. Hierdie keer nie. Die hoofnuus is dat die nuwe Polo hier is en dat die befaamde klein ikoon van Volkswagen nou nog better is en ‘n nog sterker indruk in sy nuwe baadjie maak en dat die kragbronne ook nuut is. Uitstekend word nou nog beter.

Read more

Geskiedenis: Borgward Isabella

Begin van ‘n legende

NIE te lank gelede nie het Fred Schnetler oor die Borgward Isabella, wat 50 jaar gelede die eerste keer in Bremen van die produksielyn gerol het, geskryf. Daar kan egter nog ‘n paar feite oor die maatskappy se geskiedenis en betrokkenheid in Suid-Afrika vermeld word.

Read more

Dakar 2010

Dakar 2010: Volkswagen doen dit weer!

Ná veertien dae en 9 000 km in Suid-Amerika het Volkswagen met sy renweergawe-Touaregs dit weereens gedoen; hulle het die eerste drie plekke in die wêreld se taaiste tydren gewen!

Read more

Geskiedenis: Mini

MINI se (amper) 50 jaar in Suid-Afrika en eie ervarings

BMW het so pas ‘n persvrystelling uitgereik oor die vyftigjarige herdenking van die bekendstelling van die (Morris) Mini en Austin 7 aan die wêreldpers in Augustus 1959 in Brittanje. Hierdie klein minimotor met sy mini-afmetings buite maar met ‘n ruim binnekant, het die wêreld soos ‘n storm getref en die destydse vervaardiger, BMC, of te wel British Motor Company, kon nie voorbly met die produksie van die klein kalant nie.

Read more