Padtoets: Suzuki Ertiga

Suzuki brei sy modelreeks uit met die sewesitplek Ertiga

Met die bekendstelling van die Ertiga aan die Suid-Afrikaanse mark in Junie vanjaar het Suzuki sy passasiersmotorreeks uitgebrei met die toevoeging van hierdie veeldoelige nutsvoertuig. Die Ertiga sluit hom dus nou aan by die sewesitplek familievoertuig brigade waar bekendes soos Toyota se Avanza en Nissan se Livina prominente posisies in hierdie mark beklee.

Read more

Padtoets: Toyota Corolla Esteem 1.4 Diesel

‘n Yslike watertand lekker

Met Toyota se bekendstelling van sy nuwe Corolla vroeër vanjaar het ‘n elfde geslag van hierdie uiters gewilde handelsmerk in die motormark die lig gesien. Die eerste Corolla, wat in 1966 die mark betree het, was seker een van die mees suksesvolle “wêreldmotors”; daar is reeds meer as 40 miljoen van hulle oor die wêreld heen verkoop.

Read more

Bekendstelling: Hyundai Grand i10

Hyundai se Grand i10 vervang die Getz

Hyundai het onlangs sy nuweling, die Hyundai Grand i10, by die indrukwekkende Waterkloof wynkelder en restaurant, wat op ‘n heuwel soos ‘n glaskasteel oor die Hottentots-Holland vallei en Valsbaai troon, bekend gestel. Die naam Grand i10 vir hierdie nuweling in die Hyundai stal kan misleidend vir die oningeligte wees omdat dit maklik gesien kan word as ‘n opgegradeerde variant van die bestaande i10 model.

Read more

Padtoets: Kia Cerato Koup 1.6 T-Gdi

Kia se Koup 1.6 T-Gdi laat die hart warm klop

Met die bekendstelling van Kia se Koup 1.6 T-GDi is die driemanskap met die Cerato sedan en die vyf-deur luikrugmodel voltooi en het Kia dan ook ‘n belangrike leemte in hierdie modelreeks gevul.  Die Kia motormaatskappy het, veral oor die laaste dekade, sy teenwoordigheid in Europa, die VSA en ook hier te lande in min of meer al die motorsegmente deeglik laat geld.

Read more

Bekendstelling: Mercedes-Benz se nuwe 2014 C-Klas

In ‘n Klas van sy Eie

Met die onlangse bekendstelling deur Mercedes-Benz Suid-Afrika (MBSA) van sy nuwe C-klas modelle, wat plaaslik gebou word, het Mercedes se ingenieurs weereens bewys dat hulle nie skroom om bestaande grense te toets en die doelpale te verskuif nie.

Read more

Padtoets: Suzuki Swift 1.4i GLS

Suzuki se nuwe Swift 1.4i GLS bied nou nog meer waarde

Met die herbekendstelling en aanslag van Suzuki op die Suid-Afrikaanse motormark in 2008 het Suzuki se Swift-model aan die voorpunt hiervan gestaan. Met die die aankoms van die eerste nuwe modelle hier te lande kon die maatskappy alreeds spog met 63 Motor van die Jaar toekennings in 19 lande wêreldwyd, ondere andere in lande soos Indië, Ysland, Asustralië, Ierland, Uruguay en Japan.

Read more

Padtoets: GWM bakkies

GWM se reeks bakkies maak hulle stem dik in die plaaslike mark

Die bekende Duitse filosoof, Arthur Schöpenhauer, het op ‘n slag opgemerk dat elke groot idee deur drie fases gaan:  Aan die begin word dit bespot, daarna word dit gewelddadig beveg (of laat ons dan maar liewer vir die doel van hierdie artikel se “verdag gemaak”)  en laastens word dit eindelik as ‘n onvermydelike feit aanvaar.

Read more