Bekendstelling: Renault Duster

Renault se nuwe Duster 4×2 en 4×4 gaan Namibiërs verras

Met die onlangse bekendstelling van sy veeldoelige Duster in die C-SUV segment is Renault  SA oortuig dat hierdie nuweling in die Renault stal ook in Namibië en Suid-Afrika die ongekende sukses gaan behaal as wat die geval in Rusland, Indië en Brasilië was.

Read more

Bekendstelling: Geely Emgrand

Verhoog die aansien van Chinese motors

Met die bekendstelling van die Geely Emgrand in Suid-Afrika het die privaatbeheerde Geely Automotive Group in China die werklikheid onderstreep wat al telkemale in hierdie rubriek herhaal is.  Kortliks kom dit daarop neer dat elke slag wat ‘n nuwe model wat plaaslik bekend gestel en toetsbestuur word, dit duidelik is dat die kwaliteit van Chinese motorvoertuie oor die laaste paar jaar aansienlik verbeter he,t en steeds aan die verbeter is.

Read more

Padtoets: GWM se Steed 5 bakkie

Puik waarde vir geld

Kort op die hakke van ‘n toetsrit met GWM se H5 vysitplek SUV, wat ‘n uiters gunstige indruk gemaak het, het ‘n toetsrit oor dieselfde roete met die Steed 5 dubbelkajuit 2.0 liter VGT gevolg. En in hierdie geval het die Steed 5 bakkie selfs nog ‘n beter indruk gemaak as sy eersgenoemde neef uit dieselfde stal, alhoewel hulle verskillende klante lok.

Read more

Padtoets: Kia Sorento

KIA se nuwe (en verbeterde) Sorento bei̎ndruk

KIA se uiters gewilde en suksesvolle Sorento spog nou met etlike verdere verbeterings wat veral die bakontwerp, aandrywing, brandstofverbruik, beter hantering, meer rygerief en uitstekende veiligheidskenmerke betref.

Read more

Bekendstelling: Isuzu se kraaknuwe KB’s

Enkeles, dubbeles en een-en-‘n halwes

Mededinging om ‘n beduidende aandeel in die mark vir bakkies in Suid-Afrika moet beslis van die taaiste in die wêreld wees.  Die land se ekonomie word veral deur primêre sektore gedryf waar die funksionaliteit van veral die 1-tonners onontbeerlik is en wat gevolglik ideale bemarkingsomstandighede skep.

Read more

Padtoets: GWM H5

Vyfsitplekker maak stem dik

Dit het as’t ware al deel van die Suid-Afrikaanse koperspubliek se alledaagse lewe geword om steen en been te kla oor alles en nog wat – onder andere oor die stygende prys van petrol en ander lewensmiddele en om die kring te voltooi word politieke skandes, skokkende skoolsyfers en skelm skeidsregter ook sommer in die pot gegooi en geroer.

Read more

Bekendstelling: Renault Clio 4

Vars uit ‘n Franse Bakoond!

Met sy aanwysing as die een van die top drie mooiste motors op die Paryse Motorskou in 2012, en een van die finaliste vir die prys vir die beste ontwerpte motor vir die jaar vir 2013, is dit geen wonder dat Renault se bemarkingspan oortuig is dat sy nuwe Clio 4 ook ‘n wenner in Suid-Afrika en Namibië gaan wees nie.  Dit was die boodskap met die onlangse bekendstelling van die nuwe Clio 4 aan die pers.

Read more