Padtoets: Hyundai H1 Multicab

Aan die begin van matriek op Uniondale het ek ‘n kortstondige loopbaan as bestuurder van ‘n aflweringsvoertuig beleef. Oom Hubert van der Spuy se winkelbestuurder het my aangestel om elke middag ná skool die 1958 Chev bakkie te bestuur waarin bestellings afgelewer moet word. Toe ek die bakkie terug bring na die eerste dag se suksesvolle aflewerings, het hy terloops gevra of ek al ‘n bestuurderslisensie het. Ek het nog nie een gehad nie en is summier afbetaal!

Read more

Peugeot wins again!

This was the caption of an advertisement in the British magazine, The Motor, in May 1962; fifty years ago.

The reason for this jubilation was that Peugeot – again – won the East African Safari. And they did have reason to be over the moon since they finished 1st, 2nd, 3rd and 4th in the 1600-2000 cc class in one of the most gruelling endurance rallies at the time. The winning 404 was driven by local driver, the Kenyan Nick Nowicki with Paddy Cliff as his co-driver.

Read more

Padtoets: Hyundai Elantra GLS Outo

Hyundai Elantra GLS Outo verander die speelveld

Dit voel soos nou-die-dag wat die Hyundai handelsmerk op die plaaslike toneel verskyn het met sy Accent en Elantra modelle. Van Windhoek tot Witbank het die Koreaanse vervaardiger kopers gelok wat waarskynlik éérs na die prys en dan daarna na die motor self gekyk het.Met die wegtrekslag het die verkope die hoogte ingeskiet en het die uitstekende diens wat die handelaars verskaf het, bygedra tot die suksesstorie.

Read more

Bekendstelling: Chevrolet Utility [2011]

Chevrolet se nuwe Ute

Die nuwe BRIC handelsooreenkoms, wat onder andere Brasilië, Indië en nou ook Suid-Afrika insluit, kry praktiese neerslag in die vervaardiging van die nuwe Chevrolet Ute wat nou onlangs by ons op die mark sy opwagting gemaak het.

Read more

Bekendstelling: Lexus IS 350

’n nuwe standaard vir verrigting en elegansie

Lexus het in November hulle nuwe middelslag IS 350 EX en SE modelle in die Suid-Kaap bekendgestel en motorjoernaliste kon na hartelus hierdie luukse motor met sy hoë verrigting deur die Outeniekwa- en Robinsonpasse looi. En sommige van hierdie joernaliste het omtrent gelooi!

Read more

Bekendstelling: Volkswagen Amarok Enkelkajuit

‘n Wolf in Skaapsklere

Baie jare gelede was ‘n goeie vriend van my skakelbeampte by Volkswagen in Duitsland en het my met groot entoesiasme vertel van hulle 4×4 voertuig wat ‘n jaar of vier later bekendgestel sou word. Dit het toe geblyk die Touareg te wees en het ek die besonderse voorreg gehad om die eerste Suid-Afrikaner te wees om die Touareg op Volkswagen se veldterrein te bestuur. Daarna het die Touareg hier aangekom en vir hom ‘n nismark uitgeslaan.

Read more

Padtoets: Chevrolet Captiva 2.4 LT

Vang die Oomblik!

General Motors is seker een van die vervaardigers wat die vinnigste herstel het en nou groei toon na ‘n moeilike tyd tydens die Amerikaanse ekonomiese krisis ‘n jaar of twee gelede. En die een wat die wa deur die drif getrek het was waarskynlik Chevrolet. En by uitstek die Oosterse aanlegte van die wêreldvervaardiger.

Read more

Borgwards is my lewe

‘n Ware Borgward-entoesias is die ou wat weier om in ’n BMW te klim!

In die Klein-Karoo het ons destyds net Fords en Chevs geken. Maar hier rondom 1957 het ’n vindingryke ondernemer op Uniondale, ene mnr. Keller, ’n groot, nuwe, diamantvormige kenteken van gebakte emalje in swart, wit en rooi op sy voormalige fabriek se muur aangebring. In die middel van die diamant het ’n naam gepryk waarvan ons nog nooit gehoor het nie: BORGWARD.

Read more