Padtoets: Citroën DS5

Terug in die toekoms

Hoe ouer ons word, hoe meer leef en herleef ons die verlede. Dit het vir my weereens duidelik geword met ‘n blomme-kyk rit met die Citroën DS5 Namakwaland toe. Om twee redes, ek is ‘n gebore Namakwalander en op agtien het ek vir ‘n toetsrit agter die die stuur van ‘n Citroën ingeskuif, weliswaar nie ‘n DS nie maar die ID wat uiterlik net soos die legendariese DS gelyk het.

Read more

Padtoets: Renault Clio lll 1,6 Yahoo!

Google gerus hierdie een!

Renault kom al ‘n lang pad in Suid-Afrika, langer as die meeste Europese fabrikante in die land. Maar ongelukkig was dit ‘n kwessie van kom en gaan en dan weer kom – hopelik om te bly. Met so ‘n wye reeks van modelle op die plaaslike mark, waarvan sommige baie gewild is op ‘n waarde per Rand grondslag en boonop plaaslik gebou word, is die kanse baie goed dat Renault nog lank met ons sal wees.

Read more

Bekendstelling: Opel Meriva

Spasie vir die Nasie!

Die nuwe Opel Meriva is seker een van die motors wat mense twee keer laat kyk as die agterste sydeure oopgemaak word; dit is of ‘n mens verplaas word na die 1940’s toe motordeure vorentoe oopgemaak het. Dit was eers in die na-oorlogse jare vanaf 1949 wat die Amerikaners die nuwe en moderne rigting ingeslaan het om motordeure se skarniere aan die voorste pilare te anker en die deure na agter oopgemaak het.

Read more

Padtoets: Infiniti FX 30d S

Met Nissan se nuwe vlagskip die oneindigheid in!

Om met só ‘n nuwe kraakvars maar feitlik onbekende motor soos die Infiniti FX langpad te ry, het sy verrassings. Op die vakansierit na die Oos-Kaap was ons dikwels deur verbygangers gestop, een man het spesiaal omgedraai en my agternagesit om te kom vra: Nou wat se ryding is dit dié! Dan elke keer dieselfde antwoord: Dis Nissan se vlagskip, soos Lexus die vlagskip van Toyota is!

Read more

Bekendstelling: Nuwe Lexus GS-reeks [2012]

Beiere se Moses?

Heel toevallig bel ‘n neef uit die Noordkaap om my mening te hoor oor ‘n motor wat vervang moet word twee aande vóór die bekendstelling van die nuwe Lexus op Franschhoek. My advies aan Neef Gert was dat hy, wat lang en ver paaie teen ongeoorloofde hoë snelhede aflê, maar na een van die Beierse renperde kan kyk wat ek oor die jare baie goed leer ken het. Dit was ‘n ligte foutjie!

Read more

Padtoets: Land Rover Defender 130

Nou nog méér Land Rover!

Hoe méér dinge verander, hoe méér bly hulle dieselfde. Almal herken dadelik ‘n Land Rover Defender as hy (of sy) hom sien; of dit nou ‘n1950 model is of die jongste 130 met sy dubbelkajuit en groot bak met ‘n seilkappie agter, maak nie saak nie. Wat my laat dink aan die Bybelse gelykenis van nuwe wyn in ‘n ou wynsak!

Read more

Padtoets: 2012 Lexus RX450h

Koning van Japan?

Dit voel soos nou-die-dag wat ek die bekendstelling van die eerste Lexus RX-modelle ‘n hele paar jaar gelede in die Kaap bygewoon het. Die eerste indruk van die RX was dat hy ‘n nuwe mode stelling gemaak het met sy vaartbelynde voorkoms en die toonbeeld van krag wat hy uitgestraal het, heeltemal in kontras met die 4×4 voertuie van die tyd.

Read more