Padtoets: Ford Fiesta 1,6 TDCI Ambiente Sedan

Terug na die toekoms

By wyse van spreke het ek die lewenslig in ‘n ou, groen 1937 Ford V8 die lig gesien. Op daardie stadium het die skoolkinders op Kamieskroon hom al die bynaam “Genade” gegee. Maar loop het hy geloop – al het dit soms ‘n tyd geneem om aan die gang te kom! En toe trou ek ook met ‘n vrou wat uit die Ford tradisie kom.

Read more

Bekendstelling: Nissan Micra [2011]

Maar nou eintlik ‘n Macro!

Dit is nou ‘n hele paar jaar al wat die Nissan Micra op die toneel is. Met die bekendstelling van die reeks destyds, het ek gedink dat die bakvorm effens soos dié van die Nuwe Kewer gelyk het. Maar daar was ‘n groot verskil want hy was ook as ‘n vierdeurmodel beskikbaar.

Read more

Borgward Saamtrek

Die Borgward Saamtrek by Gariepdam in April

Die Britte het iets geweet waarvan Suid-Afrikaners nie geweet het nie, en tot ons nadeel! Reeds vanaf 1952 was Borgwards op die Koninklike Eiland te koop. Dit was veral die diesel vierdeur sedan en stasiewaens wat die aandag daar getrek het omdat brandstof na afloop van die oorlog nog steeds gerantsoeneer was en brandstofverbruik vir vervaardigers baie punte getel het.

Read more

Padtoets: Suzuki Jimny

Klein maar “getrain”

Met die herbekendstelling van die klein Suzuki, die Jimny 4×4, ‘n jaar of drie gelede, moes my gedagtes teruggaan na my eerste kennismaking met die Suzuki jeepie by ‘n Suzuki handelaar in Angola in 1973. Ons het slegs die legendariese motorfietse in Suid-Afrika en so ‘n klein broodwaentjie/bakkie.

Read more

Bekendstelling: Mercedes-Benz A-Klas [2011]

Kleinboet raak Ouboet

Ons het in 1997 ‘n paar maande in Berlyn gewoon toe Kleinboet-Benz die lig gesien het; die A-Klas van Mercedes het ‘n Sweedse toets gedop en dit het ‘n hele tydjie geduur om oor die skok te kom. Maar soos dit gaan met kinders wat ‘n terugslaggie op skool ervaar, het die ouers vinnig ingegryp om te kyk wat daar met Kleinboet skort – en of die probleme opgelos en vermy kan word. Al kos dit nou ook geld en ekstra voorbereiding om Kleinboet weer op die been te kry.

Read more

Bekendstelling: Toyota Verso

Meer gemak met die nuwe CVT ratkas

Die nuwe Toyota Verso-reeks het nou ‘n nuweling wat van ry nou lekker-ry maak. Hierdie lekker-ry is te danke aan die nuwe palwisselratkas wat nou in die reeks beskikbaar is. Maar wat is hierdie palwisselratkas? Die CVT, of op Engels, continuously variable transmission, is in wese ‘n outomatiese kas waar die enjinspoed konstant bly op die punt waar hy die meeste wringkrag vrystel en beste verrigting teen die laagste brandstofverbruik lewer.

Read more

Geskiedenis: Renault Clio

Familiemotor en ook vierwiel Mirage

Dit is nou 20 jaar wat die Renault Clio in ons midde is en nog steeds die koppe laat draai. Die opvolger van die befaamde Renault 5, wat in die sewentigs en tagtigs by uitstek die motor van dames met styl was, en ook vurige jong mans wat met die TS modelle die pad aan die brand gery het, het ‘n hele paar jaar later by ons sy opwagting gemaak; dit nadat hy in Frankryk reeds diep spore getrap het.

Read more