Citroen – terug in Suid-Afrika

Citroen is terug in Suid-Afrika en hier om te bly. Dit is die versekering wat die bestuur van PCSA (Peugeot Citroen South Africa) aan die media genoem het met die bekendstelling van drie van hulle gewilde modelle in Europa. Die drie ding mee in die segmente in Suid -Afrika waar daar groei in die markte is ten spyte van die swak ekonomie.

Read more

Bekendstelling: 2019 Mahindra XUV300

Mahindra se nuutste sportsnuts, die XUV300

In die passasiersmotormark in Suid-Afrika wat tans maar traag is, is die segment vir die kleiner gesinsmotor die enigste een wat groei toon. Hierdie nuwe produk van Mahindra is duidelik vir die mark bedoel. Dit word die XUV300 (drie dubbel nul) genoem en pas mooi in tussen sy twee familielede, die klein KUV100 en die groter XUV500.

Read more

2018 Datsun Go

Verbeterde veiligheid en toerusting

Toe die Datsun Go vier jaar gelede op die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel is, was die groot kritiek die gebrek aan veiligheidstoerusting. Dit het geen lugsakke of sluitweer (ABS) remme gehad nie. Later is ‘n enkele lugsak vir die bestuurder bygevoeg op die Lux modelle. Die gedagte was om die koste so laag as moontlik te hou en sodoende ‘n nuwe voertuig in die bereik van moontlike eerste kopers te plaas…

Read more

Bekendstelling: Jaguar E-Pace

Jaguar se welpie, die E-Pace

Na die sukses van die F-Pace is die aankoms van sy kleiner broer nie ‘n verrassing nie. Met die E-Pace het Jaguar ‘n ontwerp van ‘n sportmotor met die funksionaliteit van ‘n sportsnutsvoertuig (SUV) gekombineer.  Volgens Jaguar is die E-Pace ontwerp om aanklank te vind by jonger mense met ‘n aktiewe leefstyl.

Read more