Nissan Qashqai word opgeknap.
Nissan het in 2007 (2008 in Suid-Afrika) die eerste sogenaamde “crossover” aan die wêreld bekend gestel, nl die Qashqai. Al het mense aanvanklik gesukkel met die snaakse naam is daar intussen 3,3 miljoen in 99 lande verkoop. Nou is die Qashqai opgeknap en alhoewel daar min veranderings aan die buitekant is, is daar binne heelwat verbeterings aangebring en hy spog nou met die jongste tegnologie op die mark.