Padtoets: 2024 Toyota Land Cruiser 76 2.8 Outomaties

Miljoene kilometers, maar teen ’n prêmie

Toyota se Land Cruiser en Hilux reekse het oor die dekades ’n geweldige positiewe reputasie opgebou. Hierdie twee embleme is sinoniem met betroubaarheid en maklike onderhoud;  perfek vir die paaie op van Kaap tot Kaïro, of die afgeleê plase in die binneland van Suider Afrika, en om miljoene kilometers af te lê. Nou het Toyota egter ’n prys hieraan geheg.

Read more

Isuzu D-Max 1.9TD D/C LS Outomaties 4×2: die perfekte bakkie?

By Galimoto Media en NamWheels is ons bevoorreg om al amper alle Isuzu’s op die mark te kon toets. Hoewel die vervaardiger sterk mededinging van Toyota, Ford , Mahindra, en nou ook al die Chinese inkomers kry, bly dit steeds ’n Suider-Afrikaanse gunsteling. Bloot as gevolg van Isuzu se “kan-nie-dood” reputasie.

Read more

Padtoets: 2024 Renault Megane R.S. 300 Trophy

‘n 1.8L, 4-silinder enjin, wat 221kW en 420Nm uitskop. Dit is Renault se antwoord op die ander 2L warm luikrugte in die mark. Die Renault Megane R.S Trophy is sowaar ’n sterk mededinger tot die populêre Golf R, Honda Civic Type R (beide 235kW en 400Nm), Hyundai i30N (206kW/ 392Nm), sowel as die (1.6 Turbo-aangejaagde) Toyota Yaris GR (198kW/360Nm). Die vraag is egter of dit steeds ’n plaaslike plek het, of ook verdoem is om pad te gee vir die SUV ‘stortvloed’.

Read more

Nuwe Suzuki Jimny vs. Grand Vitara

Beide die Suzuki Jimny en Grand Vitara is uitstekende voertuie, maar wat kies ek?

Een staan bekend as die “bergbok” / “klipspringer” en is geprys tussen R329 900 en R389 900, terwyl die ander meer bekend staan as Suzuki se kroon SUV; geprys tussen R347 900 en R542 900. Die vraag op meeste se tonge: “Siende dat die nuwe Suzuki Jimny 5-deur nou uit is, het Suzuki nie hulself in die voet geskiet en die Grand Vitara heeltemal irrelevant gemaak nie?”  

Read more

Langtermyn toets: Suzuki Jimny 1.5 GLX AllGrip (5-deur) handrat

Jimny 5-deur ’n wenner

In 2018 het die nuwe vierdie-generasie Jimny die mark met ’n storm getref. ’n Vakansie verlenging was nodig na ons Desember toets met die voertuig, siende dat ons konstant besig gehou is deur aanhangers. Ons mees onlangse Desember toets met die nuwe 5-deur Jimny het ’n gevoel van Déjà vu gebring; en met goeie rede.

Read more

Padtoets: 2023 Volvo C40 Recharge

Volvo is die baanbrekers met EV’s in Suider-Afrika

Volvo is een van die vervaardigers wat beoog om binnekort heeltemal oor te skuif na elektriese voertuie, en aan die begin van die jaar het die Sweedse vervaardiger die motor-wêreld verstom met die bekendstelling van hul nuwe kompakte SUV, die EX30. Hierdie voertuig is revolusionêr, siende dat dit die eerste elektriese voertuig (EV) SUV sal wees wat teen minder as R1 miljoen verkoop sal word.

Read more

Padtoets: 2023 Haval Jolion HEV

Daar is geen twyfel dat nuwe voertuie by die dag duurder word… teen ’n astronomiese koers. Gepaard met dit, is dit bykans onmoontlik om ’n kompakte SUV vir onder R500 000 te koop, om nie eers te praat van die hibriede weergawes nie. Net Toyota het dit tot dusver reg gekry om hul Corolla Cross 1.8XS HEV (Hibried) teen minder te verkoop, te danke aan plaaslike vervaardiging.

Read more