Padtoets: 2021 Toyota Corolla Hybrid

Toyota se ikoniese familie voertuig nou hibried

Die ikoniese Toyota Corolla is en was nog altyd ‘n staatmaker. Met die huidige sedan mark, wat ‘n ernstige knou kry vanaf die groeiende SUV mark, is die Corolla omtrent die enigste bekostigbare familie sedan op die mark. Met ‘n uitmuntende reputasie sedert die 1960’s het Toyota pas die Corolla nog meer aanloklik gemaak.

Read more

Padtoets: 2021 Ford Ranger FX4

Nog ‘n Ranger?

Die lok video van die 2022 Ford Ranger mag dalk op almal se lippe wees, maar die vervaardiger het egter nie gaan stilsit en hul huidige Ranger reeks gelos nie. Hoewel ander vervaardigers dalk hier en daar ‘n spesiale weergawe van hul bakkies uitbring, is Ford beslis die uitstaander met hul Ranger reeks spesiale modelle.

Read more

Honda se ‘Jazz’ nou fikser en reg vir die jonger mark

Internasionaal staan Honda se Jazz maar eintlik bekend as die Fit en met onlangse stereotipes, wat gemaak is oor die Jazz se generasie teikengroep, is daar besluit om nie net die naam te verander nie, maar ook die hele voertuig. Moet egter nie bekommer nie; die Fit behou steeds die unieke en praktiese karaktereienskappe van die ou Jazz.

Read more

Flitsverslag: Toyota Urban Cruiser 1.5 XR outomaties

‘n Volmaakte stedelike sluiper

Laat ons eers die grootste vraag uit die weg ruim. Ja, die Toyota Urban Cruiser is in werklikheid dieselfde as ‘n Suzuki Vitara Brezza. Behalwe vir die vloer matte, die voorste roostersamestel, asook die prysreeks (hier wen die Vitara Brezza algeheel), en die waarborg (die Vitara Brezza wen weer met twee jaar). Beide die Urban Cruiser en Vitara Brezza, nes die Suzuki Baleno en Toyota Starlet, is ‘n Maruti produk.

Read more

Volkswagen Amarok V6 vs Ford Ranger Raptor vs Toyota Hilux Legend RS

Die bakkie oorlog: meer prominent as ooit vantevore

Die Suider-Afrikaanse mark is sterk besig om te neig na twee spesifieke voertuig-segmente, waarvan die Sportsnutsvoertuig een is. Die beeld en doel van ‘n bakkie (oftewel “Pickup”) het egter oor die afgelope paar jaar aansienlik verander. Die ‘bakkie’ soos ons dit ken word deesdae al meer gebruik as ‘n stedelike voertuig vir die avontuurlustiges. Dus het die rol van die bakkie verander om meer van ‘n stedelike “SUV” te wees, eerder as ‘n werks voertuig. Hierdie maak die taak vir vervaardigers geweldig moeilik.

Read more