Peugeot wins again!

This was the caption of an advertisement in the British magazine, The Motor, in May 1962; fifty years ago.

The reason for this jubilation was that Peugeot – again – won the East African Safari. And they did have reason to be over the moon since they finished 1st, 2nd, 3rd and 4th in the 1600-2000 cc class in one of the most gruelling endurance rallies at the time. The winning 404 was driven by local driver, the Kenyan Nick Nowicki with Paddy Cliff as his co-driver.

Read more

Borgward Saamtrek

Die Borgward Saamtrek by Gariepdam in April

Die Britte het iets geweet waarvan Suid-Afrikaners nie geweet het nie, en tot ons nadeel! Reeds vanaf 1952 was Borgwards op die Koninklike Eiland te koop. Dit was veral die diesel vierdeur sedan en stasiewaens wat die aandag daar getrek het omdat brandstof na afloop van die oorlog nog steeds gerantsoeneer was en brandstofverbruik vir vervaardigers baie punte getel het.

Read more

Happy birthday, car!

Mercedes-Benz: 125 years of innovation

Don’t you just love birthdays? The cake, the presents, the smiles of loved ones. Do yourself a huge favour and go to the garage / driveway and wish your car a happy birthday, irrespective of what make it may be. Give it a wash, change its oil or just smile at it for a while.

Read more

Geskiedenis: Renault Clio

Familiemotor en ook vierwiel Mirage

Dit is nou 20 jaar wat die Renault Clio in ons midde is en nog steeds die koppe laat draai. Die opvolger van die befaamde Renault 5, wat in die sewentigs en tagtigs by uitstek die motor van dames met styl was, en ook vurige jong mans wat met die TS modelle die pad aan die brand gery het, het ‘n hele paar jaar later by ons sy opwagting gemaak; dit nadat hy in Frankryk reeds diep spore getrap het.

Read more

Geskiedenis: GM

Die Generaal, en die President van die VSA, gee om vir ons planeet!

Dis nie elke dag wag ‘n president van ‘n land self ‘n motor mag bestuur nie, die veiligheidsdienste van die staat hou nie van die gedagte nie. Maar president Obama het nou-die-dag darem die kans gekry om self weer agter ‘n stuurwiel in te klim en waarskynlik die kortste toetsrit in die geskiedenis af te lê – omtrent 12 meter!

Read more

Geskiedenis: Alfa Romeo word honderd

Alfa Romeo word honderd; baie geluk Fiat!

Die befaamde Italiaanse vervaardiger, Alfa Romeo, het so pas hulle honderdjarige bestaan gevier. Nie net in sy geboortestad en land nie maar ook hier in die Kaap. En die regte plek in die Kaap is natuurlik die Franschhoek Motormuseum wat deur die Rupert familie met hul sin vir geskiedenis en tradisie ‘n paar jaar terug op die been gebring het. Dit was dan ook hier waar die lede van die Kaapse Alfa Romeo Klub op 27 Junie hulle skitterblink vuurwaens kon vertoon.

Read more

Geskiedenis: Hyundai

Hyundai: Van Basterponie tot Volbloed Hings!

Korea was tot ‘n dekade of wat gelede ‘n land iewers in die Ooste waarvan Suid-Afrikaners min geweet het en selde besoek het. Maar by sommige van ons ouer lesers mag daar tog noue bande met Korea bestaan omdat hulle pa’s of oupa’s in 1950 lede van die “Vlieënde Cheetahs” was wat daar saam met die Amerikaanse Lugmag teen die Kommunistiese Noord-Korea geveg het.

Read more