Ontspan in die Klein Karoo!
Met die bekendstelling van die nuwe Hilux ‘n tyd gelede het ons die subtitel “Die taai stryd wat kom…” gebruik. Die stryd waarna verwys was, het te doen gehad met Ford wat met sy Ranger bakkie daarin geslaag het om die Hilux se verkope ‘n paar keer die loef af te steek. Soos almal weet, het die nuwe Toyota die eerste maand al die bordjies verhang.