Bekendstelling: Toyota Yaris Zen

Toyota Yaris Zen: Nie “Zef” nie!

Die manne van Toyota Suid-Afrika het met die bekendstelling van die nuwe Yaris Zen beklemtoon dat hierdie nuwe, bekostigbare model se naamgewing verband hou met die filosofiese term “Verligting” (Enlightenment) en rasionaliteit. Maar die verligtheid hou ook verband met moderne Oosterse kontemporêre kuns wat beslis nie “Zef” is nie.

Read more

Padtoets: Honda Accord Tourer 2.2i DTEC

Sportwa by uitstek

Ons beurt om die Honda Accord stasiewa te toets, nadat hy al ‘n jaar op die mark is, was nou een van die aangenaamste verrassings in ‘n lang tyd. Stasiewaens verkoop nie eintlik regtig goed in Namibië of Suid-Afrika nie; anders as in Duitsland waar BMW, Mercedes en Audi volop is en hulle op die Autobahn amper harder gery word as Porsches.

Read more

Padtoets: Opel Astra 1.4 Turbo

Europese Ster-Skip kom land

As ek reg onthou, was die ruimtetuig in ‘n destydse tv-reeks se naam Galactica, of so-iets; die storie waarin die kaptein met die spits ore gespeel het. Hoe daarby uitgekom? Die naam Astra het beslis iets te doen met sterre en futuristiese stories. En die nuwe Opel Astra hier te lande is een wat beslis met ‘n oog op die toekoms ontwerp is.

Read more

Kommentaar: Volkswagen Amarok

Amok in die Hok?

Oor minder as ‘n maand gaan die poppe dans as Volkswagen van Suid-Afrika hulle nuwe Amarok bakkie op die mark plaas. Self nog nie die bakkie gesien en ervaar nie maar van my kollegas het al in Suid-Amerika, waar hy sy oorsprong het, met hom gery en was in die wolke oor sy verrigting – en waar hy orals kan gaan.

Read more

Geskiedenis: GM

Die Generaal, en die President van die VSA, gee om vir ons planeet!

Dis nie elke dag wag ‘n president van ‘n land self ‘n motor mag bestuur nie, die veiligheidsdienste van die staat hou nie van die gedagte nie. Maar president Obama het nou-die-dag darem die kans gekry om self weer agter ‘n stuurwiel in te klim en waarskynlik die kortste toetsrit in die geskiedenis af te lê – omtrent 12 meter!

Read more

Padtoets: 2010 Toyota Prado TX

Afrika Kroonprins

Die Prado VX is waarskynlik die koning van voertuie in Afrika. Dié van ons wat al regtig rowwe paaie en wilde riviere deurkruis het op pad Kongo toe, kan daarvan getuig. Soos ‘n paar jaar gelede wat ons met groot bravado ‘n rivier in volle vaart deur is sodat die voorste GP nommerplaat losgeruk het en vandag iewers in die Atlantiese Oseaan dobber; dit terwyl die man in sy VX rustig halfpad deur gesto het om sy voertuig ‘n slag weer te was!

Read more