Bekendstelling: Opel se ADAM Rock(s)

‘n Appel wat geen Eva sal weier nie

Tydens ‘n geleentheid in Johannesburg vroeër in November het Opel sy nuwe toevoeging tot die Adam-reeks, die Adam Rocks, aan die pers bekend gestel. By hierdie indrukwekkende klein knapie gaan dit alles om homself voor te stel as ‘n kombinasie van ratsheid en veerkragtigheid saamgevat in ‘n mini-veeldoelige voertuig (Cross Utility Vehicle) met die vryheid van opelug bestuurplesier.

Read more

Bekendstelling: Suzuki Celerio

Suzuki se Celerio gaan in baie harte en huishoudings inkruip

In die huishoudings van baie gesinne en individue is hulle voertuig(e) baie soos hulle huisdiere. Daar is ‘n emosionele komponent wat, alhoewel straks ongesiens en onbeplan, die hart binnekruip en dan genoemde aanhangsels as’t ware in die geslote kring inlaat as deel van die daaglikse lewe.

Read more

Bekendstelling: Citroen Cactus

Citroen is weer anders met nuwe C4 Cactus

Die Citroëns van die ou dae het ‘n reputasie gehad van ‘n bietjie anders wees maar die laaste paar jaar was hulle maar nog net deel van die hoofstroom Europese motors. Nou het Citroën met die nuwe C4 Cactus weer ‘n model wat jy op ‘n afstand kan uitken tussen die ander. Party mense sal dink hy is pragtig, terwyl ander weer glad nie van sy voorkoms sal hou nie. In Suid-Afrika vervang die Cactus die C4 reeks.

Read more

Bekendstelling: 2015 Opel Mokka

Die derde van die Duitse drietal

Die Mokka is Opel se eerste sub-kompakte SNV (sportnutsvoertuig) en  sal vanaf die einde van Maart 2015 in die vertoonkamers wees. In Europa is hy nie meer nuut nie, en is al aan die einde van 2012 te koop waar hy goeie  sukses gehad het met verkope van meer as 24 0000 eenhede in 2014.

Read more

Bekendstelling: Nuwe Honda Jazz

Honda Jazz  – en ander mooi musiek ook!

Met die bekendstelling van die nuutse Jazz het van ons ouer joernaliste die glorie van Honda se eerste toetrede tot die Suider-Afrikaanse mark weer herleef. Dit was vroeg in die sestigerjare toe ek nog op skool was en my eerste besoek aan die renbaan in Oos-Londen gebring het.

Read more

Bekendstelling: Volkswagen se nuwe Touaregs

Vir Ernstige Pret tussen Noorweë en Kaap Agulhas

Volkswagen van Suid-Afrika het so-pas sy nuwe reeks Touaregs aan die pers bekend gestel. Hiermee het hulle weereens bevestig dat hierdie vuurwa die beste van die bestes in rowwe terrein en modder, snelweë en sand in die skande kan steek. Die naam Touareg roep immers beelde van wilde woestyn-Arabiere op kamele in die Sahara se sandduine op.

Read more

Bekendstelling: Opel Adam

Opel se Adam en ………… Martin Luther

Met die naam “Adam” vir die verassende en vars nuwe Opel wat van Januarie 2015 plaaslik op die mark gaan verskyn dink ‘n mens onwillekeurig aan die bekende braaivleisliedjie “Adam en Eva en die Appeltjie” – of iets dergeliks. Maar waar kom Martin Luther in die prentjie?

Read more