Bekendstelling: Mercedes-Benz A-Klas [2011]

Kleinboet raak Ouboet

Ons het in 1997 ‘n paar maande in Berlyn gewoon toe Kleinboet-Benz die lig gesien het; die A-Klas van Mercedes het ‘n Sweedse toets gedop en dit het ‘n hele tydjie geduur om oor die skok te kom. Maar soos dit gaan met kinders wat ‘n terugslaggie op skool ervaar, het die ouers vinnig ingegryp om te kyk wat daar met Kleinboet skort – en of die probleme opgelos en vermy kan word. Al kos dit nou ook geld en ekstra voorbereiding om Kleinboet weer op die been te kry.

Read more

Bekendstelling: Ford Fiesta [2010]

Fiesta kry ‘n kattebak en ‘n outomaties ratkas by

Ford Suid-Afrika het die modelreeks van die gewilde Fiesta uitgebrei om meer aan die behoeftes van die Suid-Afrikaanse koperspubliek te voldoen. Omdat Ford ook fasiliteite in Thailand het, word die meeste van die  nuwe modelle, insluitende ‘n nuwe vier-deur sedan daar gebou.

Read more

Bekendstelling: Hyundai Santa Fe 4×4

Hyundai Santa Fe 4×4 nou nóg beter

Dit is insiggewend dat die eerste Koreaanse Grand Prix (dit is nou in Suid-Korea – nie die kommunistiese noorde nie.) op Sondag, 24 Oktober plaasgevind het. Dit kan gesien word as ‘n teken van die groot vooruitgang wat die Koreaanse motorbedryf die afgelope paar jare gemaak het.

Read more

Bekendstelling: Toyota Yaris Zen

Toyota Yaris Zen: Nie “Zef” nie!

Die manne van Toyota Suid-Afrika het met die bekendstelling van die nuwe Yaris Zen beklemtoon dat hierdie nuwe, bekostigbare model se naamgewing verband hou met die filosofiese term “Verligting” (Enlightenment) en rasionaliteit. Maar die verligtheid hou ook verband met moderne Oosterse kontemporêre kuns wat beslis nie “Zef” is nie.

Read more

Bekendstelling: Suzuki SX4

Suzuki SX4 – by uitstek vir ons grondpaaie

Suzuki is bekend dat hulle klein maar goeie 4×4 voertuie maak. Die Jimny, Vitara en Grand Vitara is staatmakers – ook in Suid-Afrika. Suzuki SA het verlede week die nuwe opgekikkerde SX4 met ‘n paar klein, maar belangrike, veranderings in Suid-Afrika bekend gestel.

Read more

Bekendstelling: Volkswagen Polo [2010]

Die Nuwe Polo het aangekom!

Normaalweg skryf ‘n mens iets by die opskrif by soos “rewolusionêr”, “waarde vir geld” of iets in dier voege. Hierdie keer nie. Die hoofnuus is dat die nuwe Polo hier is en dat die befaamde klein ikoon van Volkswagen nou nog better is en ‘n nog sterker indruk in sy nuwe baadjie maak en dat die kragbronne ook nuut is. Uitstekend word nou nog beter.

Read more

Bekendstelling: Tata Indica Vista

Die nuwe Tata Indica Vista is verlede week in die Paarl aan motorjoernaliste bekend gestel. Die Indica Vista is ‘n slinternuwe model en is van voor tot agter herontwerp en met ‘n nuwe enjin-ratkaskombinasie toegerus. En dit lyk of hierdie nuweling die wêreld vir sy mededingers gaan warm maak; ‘n kragtige en sterk nuwe spesery uit Indië!

Read more