Padtoets: Volkswagen Polo Bluemotion 1.0 TSI

Vir ‘n werklik skoner omgewing!

In die gees van die tyd en debatte is dit nodig om te benadruk dat Volkswagen wel deeglik voertuie bou wat vir ‘n skoner omgewing sorg. Die voorbeeld is die Polo Bluemotion wat ons onlangs onder hande gehad het. Die probleem om skadelike uitlaatgasse tot die minimum te beperk is gewoonlik om onder andere verstellings in die elektroniese beheerstelsel aan te bring om verrigting te verbeter.

Read more

Padtoets: Subaru Outback 2.0D Premium

Ons eie Kalahari Ferrari

Die eerste keer wat ek ‘n Subaru gesien het was dit nie een wat uit die Australiese agterveld hier beland het nie; dit was ‘n Angolese tweedeur-motor in Windhoek in die vroeë sewentigs. Hierdie Subaru het baie soos die eerste generasie Toyota Corolla’s gelyk – behalwe dat daar in duidelike letters geskryf was dat dit ‘n voorwielaangedrewe motor was. Boonop het hy ook aan die goedkoop kant gelyk.

Read more

Vergelyking: Audi 1-6

Terugflits in die Verlede!

Dit gebeur nie elke dag dat ons opeenvolgend die “intreemodel” en een van die topmodelle van ‘n vervaardiger ná mekaar ontvang nie. In hierdie geval was dit Audi se A1 en die groot A6, twee modelle waarin die groot broer amper twee maal duurder is as die kleiner een.



Read more

Vergelyking: Trailblazer vs Fortuner

Chevrolet Trailblazer 2.8 LTZ teen Toyota Fortuner 3.0 D4D; of is dit omgekeerd?

Vergelykende toetse is een van die tendense wat die afgelope dekade of wat al hoe meer gewild raak by motorjoernaliste. Tot dusver het ek my weerhou van sulke direkte vergelykings omdat elke voertuig en voertuigtipe op sy eie meriete beoordeel moet word.

Read more

Padtoets: Chevrolet Cruze 1.4 T Luikrug

General Motors se vars aanslag

General Motors het op ‘n vroeë stadium al Chevrolet/Opel luikrugmodelle op ons mark aangebied. Vriend Frans, die veelsydige arts en motorkenner wat moeilik ‘n winskoop kan laat verbygaan, het onlangs ‘n Opel luikrug uit die tagtigerjare gekoop – om later natuurlik weer te verkoop.

Read more

Padtoets: Suzuki Ciaz 1.4 GL

‘n (Bengaalse) tier in die tenk!

Die vakansie-langpad bly maar die beste manier om ‘n motor te toets, veral as alle moontlike soorte paaie gery word en die motor ‘n ordentlike vrag dra. Die afgelope wintervakansie was weereens ‘n bewys daarvan dat hierdie toetsomstandighede die goeie en swak punte van ‘n motor die beste te voorskyn bring eerder as die werk-toe-en-terug soort van ervarings waaroor joernaliste soms verplig is om oor te skryf omdat daar te véél motors in ‘n kort tyd getoets moet word.

Read more

Padtoets: Volvo S60 T6

Anatomie van ‘n supermotor

Wat gee jy vir die man wat reeds alles het? ‘n Volvo S60 T6. Hoekom? Sy BMW 3-reeks en sy Audi A4 en sy Mercedes C-klas is almal al gekaap. Die kanse dat sy Volvo gekaap gaan word, is heelwat minder. Maar die mindere kans beteken nie dat dit ‘n mindere motor is nie; inteendeel, die Sweed hang saam met die bestes uit wat kwaliteit, toerusting, verrigting en prys betref. Saamgevat, waarde vir geld.

Read more

Padtoets: Renault Captur

‘n Fransman om in die Kaap mee te toer!

Dit voel of daar elke week ten minste één nuwe motor en model op die mark vrygestel word. Een van die jongste modelle is die Renault Captur wat nou al half ou-nuus is. Die mark vir kleinerige motors met ‘n voorkoms wat lyk of hulle nog die goeie ou grondpaaie van die vorige eeu kan en wil baasraak, is een van die gewilde dele van die motormark wat net groei en groei en groei.

Read more